‘n Gawe kelderman met ‘n boot
My skoonouers het kort voor my en Marlene se troue Robertson toe getrek en daar is hul eerste buurman aan die wes kant toe ‘n heel gawe kerel. Hy werk vir Robertson wyn kelders en is ook die kelder seketaris. Dié en sy vrou had pas kinders en die jongste seuntjie is net op ‘n ouderdom dat oumas en oupas maklik na hulle sal kyk vir so rukkie oor ‘n naweek dag.
Met die nuwe vryheid het Anton weer sy ou sport begin beoefen, hy was immers springbok kaalvoet water ski kampioen of so iets…
Ek staan ouder gewoonte my bakkie en was die dag na die lang ry af Robertson toe en is besig met my kop laag toe ek ‘n skaduwee oor my voel. Ek kom orent om die buurman vriendelik te groet en soos ek my hand uitsteek vra hy my watter sport ek dan nou beoefen het, want hy kan aan my bene sien dat dit “geoefende” spiere is. Ek staan nog so en wonder oor die suiwerheid van sy bedoelings toe kom die tweede vraag, wat ook ‘n uitnodiging is. Hy vra toe of ons dan nie saam met hom en sy vrou wil gaan ski nie. Hy sê hy en sy vrou gaan hier naby die dorp by ‘n boer vriendvan hulle, ene Hein, in die Breë Rivier loop waterski om die Sondag middig se hitte om te kry. Ek se toe nee maar dis reg en ek vind uit waar ons hulle moet ontmoet.
Bietjie later, toe ek nou my nuus met die huismense deel sal ek hoor hoe goed die mense dan waterski en ek reken neewat dan is ons in goeie hande. Dis nou nie asof sulke werantwoordelike beskaafde mense ‘n man en sy jong vrou sommer sal laat verdrink nie…
By die boer vriend se plaas aangekom tref ons daar ‘n kleinerige skare aan in die koelte onder die bome op die groen oewer langs die Bree Rivier. Man dit bly vir my ‘n mooi deel van die land… In die water dryf so fris geel-en-wit, plat boot wat lyk soos iets wat die water redelik sal kan kloof as jy hom sou oop trek. Anton is in die boot en sy tengerige vroutjie is halflyf in die water besig om die laaste verstellings aan die voet planke (ski’s) te maak. Die boot luier rustig so 20m verder. Daar word ‘n teken gegee wat net hulle verstaan en die volgende oomblik lyk dit of iets die boot af suig toe tref die klank van die brullende motor my en daar skiet die ding vorentoe oor die water met die tengerige vroutjie al dansend op die water agterna. Sy kón ski, te pragtig maak hulle draaie en sy trek die boot se groot streep agterna en maak sulke klein krul strepies teen die brander wat die geel ding agter hom los. Dis vir my te pragtig en dit begin vir my so maklik lyk, iets wat ek nog altyd wou probeer.
Na sy tenger vroutjie se beurt vra Anton onodiglik of ek lus het om te probeer. Ek is teen daardie tyd al so lus vir ski ek voel al hoe die water onder my voete verby skiet en praat nie eers van die fein sproei wat my arms en bene so piets-piets nie. Ek sê nogal ewe ek dink ek wil met een plank probeer, twee voel vir my so oorbodig, maar hy hou voet by stuk dat ek eers met twee moet “leer kruip” voor ek met een kan “hardloop.”
Ek trek in die vlak water die swaar goed aan my voete en die oranje borsbaadjie help darem om my maer in digte lyf met my neusgate net-net bo die water oppervlak te hou. My jong bruid klim by die Kelder man in die boot en hy stuur die ding luier-luier van die kaaitjie af weg. Ek sit in die water met die tou se hand stuk in my vingers en wens dit moet nou begin sodat die koue van die water ‘n bietjie kan uitwerk.
Ek dink hy wou beduie of ek reg is en ek gee duim boontoe teken. Nou moet jy mooi lees lat jy duidelik kan verstaan hoe naby ek aan versuip gekom het binne ‘n baie kort tydjie…
Ek sien dit nou nog, so duidelik soos nag…
Die geel ding suig af in die water. My greep verstyf om die paaltjie in my hand en ek sien hoe die tou uit die water lig. Die volgende oomblik tref die brul my ore en iets soos ‘n groot afrikaner bul trap voor op my bors. Ek sukkel om die boot voor my te sien soos ‘n wal water voor my opbou, toe onthou ek iets van bene reguit maak. Ek begin pynlik stadig orent beur terwyl Anton se geel-en-wit gevaarte met my teen hellevaart deur die middel van die Bree Revier ploeg. As ek agter my kon kyk is ek seker ek sou sien hoe geelvis en babers agter my in modder lê en spartel, skielik van hul water bedekking beroof.
Net toe ek dink ek is nou bo en die waters agter my het toe gemaak, tref die eerste dwars branderjie my, wat ek nou nog nie kon uitmaak waarvandaan nie, van voor. Dit was my staan se einde en soos die beeld van Nebukatneser neuk ek vooroor op my maag tewyl ek teen omtrent 90km/h vorentoe beweeg, maar my eer is nou op die spel en los is min. Dit word vir my donker en ek besef ek sal iets moet doen anders versuip ek op dié Sondag. Ek buig my kop agteroor en dit smaak vir my ek sien weer lig, teen die tyd is die Bree Rivier se water al voor by my neus en mond in en dwars weg by my ore en ander plekke uit. My kop breek die oppervlak en ek suig gulsig ‘n groot sluk lug in my longe in en daarmee saam ‘n groot sluk water in my pens in. Dit voel koud en hard en die lewe word vir my kosbaarder as ski, ek los die tou. Die eerste ronde behoort aan die kelder maniak en sy geel-en-wit monster.