Thursday, May 21, 2009

21 Mei 2009


Na ‘n lang stilte is ek weer aanlyn, op-die-net, sigbaar, hoorbaar, “plugged in” en “connected”! Moet eerder nie te veel vrae vra nie, maar my stilte kan op ‘n manier toegeskryf word aan wêreld ekonomiese toestande die voorafgaande 6 maande tesame met swak vooruitskouing.

Sedert die vorige skrywe het daar verskeie buie in die see geloop, hael het geval, verliese het gebeur, besoeke was gedoen, winste is afgeteken en so meer en so voorts en intussen het die boere hierdie kant begin om kakibosvlakte sy kenmerkende winter skeer te gee. Strooptyd, en dit met ‘n splinternuwe stroper. Man, maar dit is mooi!

Verder het ek ook by NAMPO ‘n draai gemaak, maar kon weens te kort tyd en ¼ asempie slegs ‘n baie klein deel sien. Dit is so groot en wyd dat iemand soos ek ten minste twee weke nodig het om verby alles te beweeg.

Ek het ook ge – “chona elhatini” en ge – “jika elwandle, ndiya kuthia, kangeleni entlanzi”, maar daar was toe niks vir my om te “jonga” nie, want hulle was nie “lambile” nie. Jy kan seker maar se…”hayi, undi fumene ntlantzi!” Of so iets…donnors…

Intussen wag ek steeds en sommige dae minder geduldig, en ek wonder soms of ek die regte ding doen, en dan besef ek wat anders is daar om te doen. En ek mis alles wat te misse is en dan moet ek vir myself se, “self – beweeg aan, wat verby is, is verby en as dit verby is kan jy dit nie terug ‘reverse’ nie.”

Sommige goed vertel mens nie oor nie, maar as jou nood hoog is, sing hom so!