Thursday, January 22, 2009

Pienk & Blou


Daar was mos daai klei mannetjies destyds toe ek nog TV gekyk het...
Nou is ek die blou een en Marlene die "pienk" een. So praat ons sonder woorde wat sin maak met mekaar en vind maniere om ons mee te vermaak hier op die plaas.
My gunsteling nuwe sporte is selfoonskop, pypiesleep en netwerkskel.

Dis nou al die frustrasies met hierdie togno(geen)logi wat onafwendbaar deel van die meeste van ons lewens geword het.

Nou die dag het ons fisant geeet. Heerlik sag, met room gaargemaak soos my pa aanbeveel het. Met die jag geweer geskiet natuurlik! Mmmmm...