Ek ry my sataliet
Dis alweer Vrydag laat middag en ek staan by die venster en uitkyk en kyk en kyk. Sedert laas Vrydag het daar redelik goed gebeur en in een van die vorige posse praat ek van (engels)"my satelite workstation" dis hom; die sataliet wat ek bietjie moes ry...Nou rus ek bietjie vanaand en dan vlie ek more weer verder. My maat Jan vertel my nouie dag hy's so besig hy kannie sy "vathomlaag" draai nie. Nou ja, met my is dit amper dieselfde, al verskil is op my rondomtalie-sataliet-stoel is my "vathomlaag" omtrent al wat kan draai. Nodeloos om te se dat as daai ding draai dan draai my hele lyf saam. Dis mos hoekom hulle hierdie oulike sataliet-ry stoele ontwerp het, sodat jy met jou kantoor pel kan gesels of skel sonder dat jy jou nek af draai. Ek het nie 'n sataliet pel hier nie, dus is al rede hoekom ek draai as ek opstaan vir die koffie ketel of die porselein ketel. Na so paar dae van satalied ry is ek so geketel ek sien geel en wit kringe. Nee, nie 'n mampeor ketel nie, 'n kaffien ketel. Die dokter stel mos voor ons drink meer tee, maar hier in die sataliet wil tee nie werk nie, net met slaap tyd en dan is milo in elk geval lekkerder.
Al die ge ketel ketel laat my nou onthou van daai grap oor die goue trompet... Die wat dit nie kan onthou nie moet maar self verder navorsing gaan doen. Ek is eintlik eensaam, daarom skryf ek al die twak om myself beter te laat voel!! Ek gaan nou koffie maak en julle moet 'n skitterende naweek geniet.