Tuesday, November 3, 2009

POEPHUISKYS

Gister was weer uitdagend. Die dag begin met ‘n verstopte riool pyp, ‘n sms van iemand wat my daag vir R70 waarvoor ek nog nooit ‘n rekening gesien het nie en besoekers wat wil arriveer wanneer ons nie by die huis gaan wees nie. Ek gaan sit toe ‘n rukkie op my gunsteling plek, die stoep, waar ek die dingetjies toe mooi uiteensit. Na ‘n gespartel en geprobeer met draad, vat ons die pad dorp toe om “rioolpyp-ontblokker-stel” te gaan koop. Die pype hier verstop net veels te veel om sonder so ding te wees. Toe ons amper terug is bel MTN my om te laatweet hulle is nou daar om die “sel-stasie” te kom installeer. “Byt vas boete, ons is oppad!”

Terwyl die twee manne van MTN ons sein toerusting installeer, spartel ek en Marlene weer van voor af met die rioolpyp. Ek kry die onstopper toe so goed in gestop dat ek dit nie weer uit kan kry nie. So tussen die spat en die klank raak ek boonop so uit-asem dat ek later versterkings moes inroep(bel). Willem, ou Willem, wat sal ons sonder jou maak? Dankie ou maat!

Een ding is mos nou ook so vir ons wie nie loodgieters is nie, as ek met sulke goed gewerk het, sukkel ek vreeslik om my gesig en hande skoon te kry. Dis al of my kop vir my aanhou sê: “Jou hande is nog vuil” en “die pypie, en die lappe en jou klere, skoene, hare gesig…” – ek het toe maar gaan stort. En toe wonder ek nog steeds…

Vandag het hulle die landjie voor ons huis kom rolmoer en dis.