Wednesday, December 24, 2008

Merry / Happy / Geseende


Ou kersaand. Mag dit vir julle vol vreugde en blydskap wees. Mag die tyd met die mense om julle iets wees om na terug te verlang. Mag dit 'n fees wees om te koester en altyd te onthou.

Tuesday, December 23, 2008

Superlenzz



Ek speel netnou met die goed hier om my en ontdek toe 'n goedkoop telephoto lens wat werk. vergelyk die twee fotos van die geboue. Geen digitale vergroting is eers gebruik nie!

Koekoe poker

'n Storie wat ek nouie dag hoor...

Een jaar net na oes tyd in die oos Vrystaat is daar ‘n klomp boer vrinne wat Vrydae saans saam kuier. Die gewoonte is dan om paar happe te maak en tot laat saam kaart te speel. Party aande te laat. Een het toe aan ‘n plan gedink om die ouens bietjie op die verloop van tyd te laat fokus sonder om die ontspanning ook te gejaagd te laat voel.

Toe die Vrydag van Dries se beurt opdaag besluit hy hy wil die poker bietjie interresanter ook maak en verduidelik na die tweede of wat hap net voor die spel begin dat dit nou by sy huis so werk:

Die speler wie die laaste rondte geskommel het moet met die haelroer op die koekkoek klok teen die eetkamer muur mik en ‘n droe skoot aftrek op die voeltjie. As hy te laat is en die voeltjie word “gemis” moet die skieter ‘n straf dop vat.

Om te demonstreer haal Dries die rondtes uit die roer en sit hulle eenkant op die sideboard, knak die hane en wag vir die 6 uur sein. Die koekoek klok tjirtjirtjirtjirrrrr, die deurtjies gaan oop en die voeltjie begin sy koekoekery. Dries druk die snellers en “tek-tek” klap die hane droog neer. So ja so skiet ‘n man mos ‘n koekoek.

Die manne verstaan en meen dis ‘n goeie plan, dan oefen hulle sommer skiet reflekse en sneller druk ook so saam met die kuier en poker spelery.

Soos die aand vorder val die kruike en die kaartspel en skietery raak al meer gewaagd en geoefen. Teen 10 uur is die ouens al so geoefen dat die man wie “aan” is weet daar is baie tyd en wag die koekoeke uit tot die draai van 10de een voor die hane val. Almal kan goed skiet en straf doppe is maar min, met die gevolg dat almal sommer saam vat.

Die spelery raak intens en toe die ouens weer kyk is dit na 12 en al weer Dries se beurt. Dries het behoefte van die natuur wat roep ontwikkel en verskoon hom ‘n wyle van die tafel en dis met die dat die ander besluit hiers nou kaans om ou Dries ‘n lekker poets te bak, en hulle laai die twee patrone wat eenkant op die sideboard staan.

Dries kom sit weer en die manne speel voort. Die Koekoek begin tjirtjirrrr en Dries het met die gedraailopery en als half vergeet hy is “aan”. Toe hy wakker skrik het die Koek ge Koek en sy koppie weer veilig agter die deurtjie getrek… Wat toe gebeur het kan mens half verwag.

Dries gryp na die roer nes die Koekoek sy laaste koek gee en spring orent dat sy stoel agter oor val. Die klomp manne fokus eers baie intens om die sien hoe die koekoek klok uitmekaar gaan spat en toe dié nie gebeur nie fokus almal skielik baie intens op Dries om te sien wat hy nou gaan maak. Die volgende oomblik praat Dries half hard, “Bliksem man, ek skiet sommer op een van julle donners!” en hy swaai die loop in die rigting van die tafel.

Soos een man slaan die groep spelers die vloer en begin seil verwoed na ‘n uitkom plek, Dries nog heel onbewus van die oorsaak en baie lus vir sneller druk skiet toe sy pakkie kaarte, eetkamer tafel, sewe brandewyn glase en die hele pokergame in sy dinges.

Monday, December 22, 2008

No3 of No5??

Ons kuier nou die dag hier saam met gawe mense en soos dan die gewoonte is word stories vertel om ‘n gevoel te gee en ook gevoel te kry van mense. So vertel, vertel voel mens mekaar dan met woorde uit om elk ‘n idee te vorm van die ander. Die verteller was bleddie snaaks en hulle moes amper 220v nader bring soos ek gelag het.

Die storie wat ek oor vertel sal ek maar “No3 of No5?” noem.

Die twee broers is boer klonge daar uit die oos Vrystaat, hul pa is vroeg dood met die gevolg dat die ma hulle groot gemaak het. Sy had seker nie lus vir weer trou nie en die dat sy toe self met hulle aangaan.

Die laaities is stout, maar werk hard op die plaas so tussen die poetsbakkery en kattekwaad deur en die antie kry hulle darem so dat die jongste ook 21 haal en daar word opslag partie gehou.

Al die vrinne is genooi en daar word tot laat gekuier en gedans en grappe gemaak en mampoer gedrink en koeldrank gedrink en so nou en dan ‘n stukkie geëet ook.

Laat die aand toe die grappe begin opdroog en die kruike na leeg se kant toe staan is die manne darem goed gevat.

Die oudste broer raak ongemerk eenkant weg en gaan maak ‘n No3 hael patroon oop, haal die lopers uit en gooi meel in, maak dit weer versigtig toe en kom windgat by die geselsery ingeloop.

“Hey boetie!” daag hy uit, “jy’s so gesuip jy sal my nie op 15 tree met die haelgeweer raakskiet nie!” “Wat wou! Kom laat ons sien, ek skiet jou op 20 tree in jou mo..r.”

Die jonger boetie gryp die geweer en met die ouer een se wegstap na ‘n 20 tree merk hou die jong mannetjie kop en kyk wat dan nou gelaai is. Hy fluit deur sy tande toe hy sien dis No3, voel in sy sak en sit ‘n No5 in, die No3 sit hy in sy sak. Hy lê aan en skiet sy ou boet binne in die hospitaal in. Eina seer.

Die volgende dag in die hospitaal na die ouboet hom darem vreeslik uitgevreet het oor die skietery sê hy: “Man jy kan bly wees jy’s net in die hospitaal, as ek jou met die No3 wat in die haelgeweer was geskiet het, het ek jou sekerlik dood geskiet!”