Thursday, July 24, 2008

1 / 12 Take no chances

Dr Baird phoned me to inform that the lab had, from one of the last three sputums, grown a pseudomonas resistant to Fortum. So finally they confirmed the expected, there is something...I believe it is a small matter. I believe we will treat it in good time and have the desired outcome. This bug must be sitting very low down in my lungs and that's how it had gone undetected through so many test samples.

Apart from still being a little tired, I think from after my very long day Tuesday, I feel good. My pulse is below 80 beats per minute at rest which means my SATS are very close to 90% with oxygen at 4l/min at an altitude of about 1600m above msl. I can also make short walks without oxygen and not feel like I'm falling over. I sleep well, eat well and feel well, just miss all at seahome. I have plenty of work to do and it helps to take my mind off the longing. Am looking forward to visiting (or a visit) my oldest brother this weekend.

Coffee break in April of this year, the three brothers worked on fixing the roof beams of the middle brothers cottage, (my job was to suggest how things should be done). We are from left Johan, Hendrik and me, Danel is keeping Hans company. It was a very special time as my Sister also got married in that week...

Wednesday, July 23, 2008

Blits besoek

My dag het redelik vroeg begin gister, so teen 02:30 het ek genebuliseer, daarna koffie gedrink, aangetrek en het so teen 03:30 vertrek. Die "nuwe" pad lughawe toe was redelik stil, maar baie motor bestuurders van Gauteng het geen ontsag vir rooi verkeersligte en dit veroorsaak dat mens baie versigtig moet ry. Ek was so 05:30 gereed, by die "opklim" hek. Ek het vanuit die vliegtuig gesien hoe die son oor die see opkom en ook die pragtige lanskap om Oos Londen, die strande, die groen bebosde heuwels. Julle daar! Julle bly in 'n besonderse mooi plek! Ek was bederf met heerlike ontbyt voor ek die langverwagte "varkmasjientjiekaartjie" gaan haal en daarna die varkmasjientjie self.

My wysfinger het al vreeslik begin jeuk, net so aan die binnekant van die voorste lid... Ek kon darem behoorlik daar krap en die wildheid wat om my was sal my maar my kortstondige vergryp aan geraas en geweld gerig op niks moet vergeef.

Onder die groot boom voor die huise op Grootboom kon ons darem saam met naastes groet en eet en gesels en sommiges teenwoordig kon dut...
Mishka is pragtig en tot haar wimpers is lig, lyk of dit so rooierig kan wees. Sy was baie rustig en dit lyk vir my of daar tussen haarma, pa, ouma en oupa genoeg gewillige hande is om haar vas te hou.


Die middag was ons by my eiesegeboude see huisie en my hondekinders kon my bietjie in die gesig lek net om seker te maak hul oubaas proe nog soos toe hulle hom laas gesien het. Ek kon ook agterkom hulle lek nog gereeld ander plekke waaroor mens nie graag die woord wil of mag doen nie.

Dankie my liefling vir al jou moeite en ryery. Dankie Jan vir jou wit perd se leen. Dankie Naas vir als se doen. Dankie Oom Jannie en Ta' Regina vir die kuier, so ook Ters, Carmen en Juandre, Naas, Lisa, Ruan en Wilimpie, al vier die K'aase(Dewalt, Valerie, Lizette en Jessica), Marius, Lucien, en laaste, maar die langste - Jan.

Sunday, July 20, 2008

Bosveld Fondu

Probeer die gerus: Dik yster plaat, vuur om dit mee warm te maak. Verskeie soorte vleis, stywe pap, goeie rooiwyn. Goeie vriende en goeie geselskap. Meng alles saam iewers op 'n grasperk onder 'n heerlikke wintersonnetjie, en siedaar, 'n bosveld fondu...


Dankie Willem en Wilma dit was heerlik! Dankie ook aan die ander gaste, julle laat my, 'n vreemdeling vir julle, baie tuis voel. Ek waardeer julle moeite, opregte gasvryheid en welwillendheid. Julle optrede maak dit vir my sommer baie makliker.