Wednesday, July 23, 2008

Blits besoek

My dag het redelik vroeg begin gister, so teen 02:30 het ek genebuliseer, daarna koffie gedrink, aangetrek en het so teen 03:30 vertrek. Die "nuwe" pad lughawe toe was redelik stil, maar baie motor bestuurders van Gauteng het geen ontsag vir rooi verkeersligte en dit veroorsaak dat mens baie versigtig moet ry. Ek was so 05:30 gereed, by die "opklim" hek. Ek het vanuit die vliegtuig gesien hoe die son oor die see opkom en ook die pragtige lanskap om Oos Londen, die strande, die groen bebosde heuwels. Julle daar! Julle bly in 'n besonderse mooi plek! Ek was bederf met heerlike ontbyt voor ek die langverwagte "varkmasjientjiekaartjie" gaan haal en daarna die varkmasjientjie self.

My wysfinger het al vreeslik begin jeuk, net so aan die binnekant van die voorste lid... Ek kon darem behoorlik daar krap en die wildheid wat om my was sal my maar my kortstondige vergryp aan geraas en geweld gerig op niks moet vergeef.

Onder die groot boom voor die huise op Grootboom kon ons darem saam met naastes groet en eet en gesels en sommiges teenwoordig kon dut...
Mishka is pragtig en tot haar wimpers is lig, lyk of dit so rooierig kan wees. Sy was baie rustig en dit lyk vir my of daar tussen haarma, pa, ouma en oupa genoeg gewillige hande is om haar vas te hou.


Die middag was ons by my eiesegeboude see huisie en my hondekinders kon my bietjie in die gesig lek net om seker te maak hul oubaas proe nog soos toe hulle hom laas gesien het. Ek kon ook agterkom hulle lek nog gereeld ander plekke waaroor mens nie graag die woord wil of mag doen nie.

Dankie my liefling vir al jou moeite en ryery. Dankie Jan vir jou wit perd se leen. Dankie Naas vir als se doen. Dankie Oom Jannie en Ta' Regina vir die kuier, so ook Ters, Carmen en Juandre, Naas, Lisa, Ruan en Wilimpie, al vier die K'aase(Dewalt, Valerie, Lizette en Jessica), Marius, Lucien, en laaste, maar die langste - Jan.

1 Comments:

At July 24, 2008 at 10:23 AM , Blogger Dewald, Valerie, Lizette and Jessica said...

Haai Goessie!
Nou se jy dankie vir almal en nogal op die naam af en dit is ONS wat vir jou moet dankie se vir jou tyd en jou INPUT!!!!!
Dit was 'n voor(ge)reg om weer te kon kuier - jy moet laat weet wanneer ek moet begin oefen vir die LAAAAAAAAAANG stap na die beste visvang plekke!!!!
Groete in Christus
Die groot Kaas

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home