Twee week oase
Na ‘n twee week bederf besoek moes ek Marlene vanoggend lughawe toe neem, en dit met ‘n swaar hart. Om nog tyd te koop ry ek toe ‘n ander pad as voorheen sodat ons in die verkeer kan sit en gesels… Ek speel, ek het ‘n slegte roete keuse gemaak, 2 km verder gery en omtrent ½ uur langer. Ek kry tenminste die lughawe sonder ‘n kaart op my skoot en ons was darem betyds genoeg om koffie saam te geniet voor haar vlug.
Ons hou mekaar...
...Besig
Die afgelope twee weke was drip en waterpokkie tyd. Dieselfde middag wat Marlene hierheen gekom het het die dokter my voorsorg drip begin. My mobiliteid was dus effens minder en ons het net as ons regtig moes iewers heen gegaan. Ons het kwali-tyd en kwanti-tyd saam deur gebring, ek dink ons het redelik goed geraak hiermee in die laaste paar jaar. Dis ironies dat siekwees tye dikwels kosbare tye tot gevolg het.
Hier waar ek woon is ‘n Rotweiler (Nita) en ‘n kat (Kattie), twee wyfies met ‘n besonderse onderlinge verhouding. Die twee kuier dikwels op die gras voor my huis in die son en ek wys graag die foto. Hulle hou mekaar warm!
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home