Thursday, July 10, 2008

Waar Mishka bly...

Ek ken 'n plek en ken dit goed
waar loeries in die motreen roep.
'n Plek waar beeste rustig wei
en blouvalk op die ooswind ry.

Ek ken 'n plek en ken dit goed
waar fisante soggens uintjies soek,
kalkoene in die lang gras dans
en Seun en Nefie wag op 'n kans.

Ek ken daai plek ek ken dit goed
waar mense onder die bome groet,
'n vuurtjie maak en rustig sit,
saam eet en drink en dut

Ek ken daai plek ek ken dit goed
die eenvoud, die mooi, die goed
en ook die pyn en stilte saam
wie reeds daar was en heen gegaan

As ek kon kies sou jy my daar kry
die plek waar Mishka bly

1 Comments:

At July 10, 2008 at 8:02 PM , Blogger Tannie Irma said...

Liewe oom Gus
dit gaan beslis woes!
almal drom om my saam
hulle noem my 'n vreemde naam
Gewis is ek oulik
maar ... vertroulik ...
jy sal jou hart verloor
ek sal eendag met jou kan toor
as jy my net sien
met tone en vingetjies tien
wat eendag jou met koffie sal bedien!
Met bekkie klein wat nog sal kan kraai
en parmantig sal lawaai
en raai
wat lê om elke draai
Ogies wat eendag sal kan sien
en wat later kan lees
wat jy vir my geskryf het
op hierdie spesiale dag
Ek, Mishka, sal vir jou wag
dag na dag
en wanneer jy weer
hier by ons is
sal ek keer op keer
dat jy my aan die slaap sus!
Jy's 'n baie gawe oom
iets wat ander kinders net oor droom!
Ons bid dat Liewe Jesus jou gou sal gesond maak.
Mishka
NS: Liewe Gustav ... ek is net vol nostalgie vanaand ... Liefdetjies, tannie Irma

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home