Friday, September 12, 2008

Stilte

Soos jy kan sien is my eensaamheid op 'n end en die knaende behoefte aan dialoog word nou weer op persoonlike vlak vervul. Met Marlene en die K9's om my is daar vollop geleentheid vir gesels en ore krap. Die vorige week was vol harde werk en die week effe rustiger met baie wat steeds wag om gedoen te word. Die week het steeds verby gevlieg en was op sy eie manier vol. Woensdag was bloei dag en ook yskaskoop dag. Die aand word ons op die nippertjie deur Sarel en Natie genooi om saam aandete te kom geniet. Donderdag is ek die heel dag saam met Willem na 'n boeredag op Hoopstad. Ek was gistraand heel pootuit en dit was die langste dag sedert my besoek aan O-L die 22 Julie. Die Hoopstatters boer in 'n baie sanderige omgewing en dit herinner my nogal baie aan wat ek al in Namibie en Noordkaap gesien het. Daar groei ook so wilde soort waatlemoen, van ver af lyk dit ene tsamma en amper elke lyndraad maak so laaaaang lae duin.

Vandag was Marlene die eerste keer alleen dorp toe en ek wonder so by myself of sy al "plaserig" voel...

Op Hoopstad was weer spuite gedemonstreer toe voel ek heel ervare en sluit sommer weer foto in van "ons" plaaslike spuit sodat die Hoopstatters darem kan sien hier word lankal met so ding oor die koring gevlieg...!

Verder het ek ook op die mooi prentjie van "sit en eet en kuier en dut onder die Grootboom" tussen Fielies se fotos afgekom en wys dit ook graag. Dis winter, 22 Julie 2008 en die ....boom se blare is kwyt. Hy staan seker teen die tyd vol in blom.