Wednesday, April 1, 2009

En-so-aan en-so-aan...

Met tye verander alles, daarvan kan ons almal seker wees…altyd. Tog stoei ek self gereeld met die ding van verander. Onder andere bank sake wat moes verander, verseker die bank dame my(ons) dat daar geen probleem hoort wees nie, ek kan maar by enige tak in die land my besigheid se nuwe rekening se kaart optel. Ek kan met sekerheid se dat dit nie gou was nie en dat die uiteindelike proses my reeds dun skaafde draad ‘n ernstige knou gegee het. Soos Jan van Jan-Noag faam dit tereg skel “SIMPLER???BETTER ??? FASTER???” in rooi!

Verder frustreer MTN en die selfoon opvangs my so dat dit soms voel ek gaan ‘n aar bars. Die N73 het met een van die skermutselings so effense knoutjie gekry en ek moes toe ‘n ander foon loop koop. Om dié “aan die praat” en “op die net” te kry was so ‘n uitdaging dat my karige kennis rakende die tegno-geen-logiese wonders van ons tyd totaal uitgeput geraak het. Of so het ek gereken, tot die man van MTN technical aan my verduidelik het dat daar aan hul kant ‘n “system reset” nodig was en daarom kon ek nie “aan die praat” en “op die net” kom nie. Min weet hy dat dié “system reset” my amper my verstand gekos het. Noem my moeg, noem my sat, noem my simpel, noem my moerig, wat ook al…my ongeduld skemer sterk deur.

Dan durf die bank aan my ‘n SMS stuur waarin hulle beweer my huis verband betaling is agterstallig op die 25ste van die maand, 5 dae voor die betaling moes gebeur of, 25 dae na dit reeds betaal was??? Omdat ek onseker was en nie kon begryp nie, siende ek weet dit wel betaal was, bel ek om te hoor wat nou? Sal die knaap van die bank my vertel dat alles in orde is, sy verklaring lui “probably a delayed SMS” moerse “delayed” vertaal dit na “vertraag” en dan stem ek saam! Heeltemal vertraag!

Met die swak MTN sein klagtes verseker die plaaslike MTN “Pro” my dat ‘n YWA of “java” antenna my probleem sal oplos. Ek wys hom my foon(ne) net om seker te maak hy verstaan wat ek nodig het. Na twee maande en geen oproep van hom gaan haal ek die “java”. Ek kom by die huis, sny die box oop, haal die “java” en sy goeters uit. Die ding lyk soos ‘n vibreerder vir ‘n olifantkoei met ‘n 10m stuk koperdraad daaraan en op die punt van die draad ‘n geelkoper bout wat ek iewers aan die Nokia N73 se gat moet vasbout met ‘n No.12 Gedore, al probleem is my Nokia het nie ‘n groot genoeg gat óf skroefdraad nie. Nou moet jy verstaan die “javatjie” het my R500,00 gekos, nou moet jy verder verstaan dat hierdie net enkele van die onaangename goed is wat binne ure en dae van mekaar gebeur het dan sal jy verstaan hoekom ek so…, hoe sal ek nou sê , de-skroefdraad-in-gestrip was.

As iemand my sou vra hoe was my laaste paar dae of twee weke, gaan ek net sê “Goed dankie” en die onderwerp verander.