Monday, January 11, 2010

Om te lag

Ek wil ook tog ietsie hieroor sê…Die Readers Digest tydskrif het altyd ‘n rebriek/artikel gehad met die naam van “laughter’s the best medicine”. En is dit nie so nie! Om vir jouself te lag is genesend, om saam met iemand te lag is vertroosting en om vir iemand te lag is sommer lelik as dit gaan om leed, maar verligting van stress as dit is as gevolg van perkaatse (snaaksighede). Dis een van die universeele tale van die mensdom. Tot ons troeteldiere leer om ons lag uit te ken en reageer daarop. Ja, die kenners meen lag veroorsaak allerlei wonderlike afskydings en het ‘n positiewe uitwerking, waarmee ek hartig saam stem.

Lag is lekker al is dit vir my hoes, lag=hoes en hoes=beterasem en beterasem=betervoel en betervoel=wonderlik! Nou wonder ek hoe dit sal wees om eendag te kan lag sonder om te hoes...