Saturday, November 29, 2008

Volhard vir wie en wat?

Verder nog, geweef in die verstaan dat ons nie om “ons” gaan nie, die ek nie om “my”, maar om ander. Ek moet dus volhard en bid vir ander se verbetering, glo vir ander se onthalwe, hoop dat ander ‘n “beter…” sal ontvang. As ek dit altyd kan regkry, sal ek begin optree soos die Koning van konings gemaak het. Wanneer ek die moed en krag kry om dit te doen, dan word dit waar vir my wat geskryf is van geloof, hoop en liefde en die grootste daarvan is die liefde omdat dit uit die drie bestes die enigste is wat verby die deur van die dood beweeg.

Thursday, November 27, 2008

6 maande later

27 November 2008
Volhard…

Baie mense ervaar swaarkry…
Pyn...Lyding…Onregverdigheid…Honger…Vervolging…Liefdeloosheid…Minagting…
Eensaamheid…Verstoting…Siekte…Verlies
En, en, en…’n hele lang lys slegte en seer dinge.
En tog is dit dikwels ook biddende mense wat dit ervaar.
Mense wie aanhou glo en hoop op iets beter.
Mense wie bid en vra vir verbetering nou, hier, waar hulle dit kan voel!
Gewone mense soos ek self, sommige ook gered, soos ek self glo ek gered is.

Moet ons almal tot die einde toe volhard in sukkel om
eers hierna, na die dood, te kan begin beter ervaar?

Wat dan van daai blinde wat gesien het, in sy eie “nou”?
Die kreupel ou wie dadelik kon loop?
Die water wat verander was in die beste wyn met die partie se einde, op daardie selfde moment?
Lazarus wie uit die graf kon stap?
Die melaatse klomp, die weduwee se seun, Jairus se dogtertjie, en, en, en…so baie.

Almal van hulle het in dié wereld in hul eie rieele tyd verbetering ervaar. Nie omdat hulle gekies het nie, maar omdat hulle gevra het en dalk geglo het!? Baie van hierdie mense het nie eers self gevra of geglo nie, iemand anders het dit namens hulle gedoen. Lazerus was mos klaar in die graf, hoe kon sy geloof hom red uit die dood?

Dan bring dit my nou opnuut by ‘n geloofs krisis.
Is my geloof dan niks werd nie?
Wat moet ek doen om my geloof te bewys of te bekragtig?
My pille en sakke vol medikasie wegsmyt? Of moet ek als verwerp en steel en roof om oorvloed te kan ervaar, tot geweld oor gaan om myself in dié skewe, onregverdige wereld te laat geld?
Of moet ek pal vas, myself pynig en alles wat aangenaam is ontsê?

Amper al die dissipels het een-of-ander gru-dood gesterf of was verban, verstoot en vervolg. Hierdie lyding wat deur so baie mense ervaar word, toe en nou, is dit dan ‘n tipe “marteling” omdat hulle sê hulle glo? Gebeur dinge dan so asof iets/iemand probeer vra of ons geloof leeg is? Of gebeur dit omdat daar een-of-ander mag aan die werk is wat vir ons probeer wys dit waarin ons glo is leeg? Hoekom is dan dan so belangrik vir die “mag” om te wys ons geloof lê in niks?

Ek weet nie baie nie, maar ek weet ek kan nie meer doen as wat ek doen nie. Ek glo met als wat ek oor het in my dat die “beter” definitief eendag sal gebeur, al is dit dan ook na die dood. Intussen hoop ek met als wat ek in my oor het dat dinge nou al vir almal wie so bid en glo, in hulle persoonlike rieele tyd sal verbeter. En terwyl ek so hoop en glo is daar hierdie konstante stryd binne in my, ‘n stryd tussen die hoekom vrae, die wanneer vrae en die rustige antwoord om geduldig te bly wag en vertrou, aan te hou glo en te volhard. ‘n konstante sagte smeeking om nie in te gee vir ‘n maak en breek mentaliteit of sak en as houding.

Om in te gee sou wees om my geloof op te gee. Ek weet die krag om aan te hou glo, vertrou en volhard kom nie uit myself nie, maar kom alleen opgrond van genade. Al wat dan vir my oorbly is om te aanvaar, dié genade om te kan volhard…

Tuesday, November 25, 2008

Homealone

Glad to be home after a short hospital stay since Thursday. I came home and sat among the dogs, scratching their ears and just being still, watching the landscape turn dark and the stars apearing as the sun set. The hot afternoon air turning pale and cool as dusk came.

In the city it is seldom dark and in a hospital it is even worse!

Marlene is sorely missed and supper was an affair with a tin of curried fish and bread, shared with my housemates and drowned with coffee.

For now I will rest and let tomorrow see to its own productivity.

Sunday, November 23, 2008

Why I fish??

There are early hours and late nights...







... rewards gained while others were sleeping.








Some times you travel far to make that one catch...






...and quality time spent with dear friends,









..enjoying the catch of the day!