Friday, May 1, 2009

Spontanïeteit

Soms kom die beste dinge voor en gebeur die mooiste goed sommer spontaan, vanself, gratis…

Ek het nou die dag gelees uit ene Oswald Chambers se pen dat die Allerhoogste se werk en liefde ook spontaan deur ons werk en moet werk. Wanneer ons self probeer om hierdie spesiaale werk te doen misluk dit telkens.

Om twee kinders van die ouderdom te laat stil sit vir ‘n fluit les is hoogs onwaarskynlik en uiters moeilik as dit was wat enige van ons wou. Die moment was gelukkig vasgevang, iets so onbenulligs, en tog iets so groot…

Dankie Naas en Lisa vir die lekker kuier!


So braai ons hier in die koel aand van hoogveld vroë winter.

Monday, April 27, 2009

Jagters

Mooi skoot! Onder die oog in, onder die oor uit - 30m,
baie mooi, amper gereed vir kolganse wat lag... Hulle beter passop of dis die laaste lag... en ook wie laaste lag lag die lekkerste... Die een bevind haar tans in die oond in spek en foelie toe gedraai met uie en knoffel op gestop. 'n Ware jagter gebruik wat hy skiet en skiet nooit meer as wat hy kan gebruik nie, onthou die les ou seun.