Wednesday, September 16, 2009

Mag nie steel nie

‘n Vriend, Louis, vertel my nou die dag van dae toe hy by ‘n bekende verskeeps maatskappy gewerk het. Hy vertel onder andere van die vreemde goed wat hy soms moes aflewer…

Eendag moes hy bokse biltong by ‘n bekende ketting winkel gaan besorg toe die ouens by die kantoor hom vra om oppad daarheen eers by ‘n ander firma se kantore te stop om labratorium monsters te laai…dis dringend en hy moes dit as prioriteit besorg.

Die boks met die monsters sit hy toe sommer agter sy sit bo op die voorste bokse biltong in die panneelwa. Iwers was daar ‘n rowwe stukkie pad of ‘n harde remslag of iets, hy kon nie meer pressies onthou nie, maar wat hy wel onthou is die stank van die vloeistof wat by die monster boks uitgevloei het oor die biltong bokse. Kompleet of ‘n hond in sy afleweringswa geskyt het. Hy besef daars moeilikheid en haas hom om die stinkende box vol monsters te gaan besorg. By die aflaai plek vertel hy dat hy onseker is oor die stinkende nat pakkie, maar gee die versekering dat dit so was toe hy dit gekry het. Die dame by die toonbank stel hom gerus met ‘n: “toe maar, dis net soerich water, en hulle kan net nog ‘n monster stuur…”

Hy moes ‘n plan bedink om die biltong bokse meer aanvaarbaar daarna uit te laat sien. Met oop vensters en heelwat onnodige draaie ry het hy die bokse biltong naastenby droog gekry en kon hy na die aflaai plek ry. Hier aangekom is die persoon by die ontvang punt so bly en kom niks eers van die stank agter nie, ruk dadelik ‘n boks oop en neem ‘n “proe monster”, bied ook dadelik ‘n stukkie aan my vriend. Natuurlik het hy met afgryse gerittereer en hewig gestel dat hy nooit sal steel nie, in sy paneelwa geklim en met die wegry gedink: “arme donder, more skyt hy sy longe uit oor die biltong en soerich water mengsel, maar dit sal hom leer, mens mag nie steel nie…”