Oom Harrold en oom Laurence
Ek dink die ooms was broers. Oom Laurence met sy dik- swartraam bril en oom Harrold met sy son verweerde boshoed. Manne wat die hard in die lewe goed geken het, wie hard gevat het en raak kon vat, oud, maar sterk en gesond. Aan agterbakse en hiper moderne mens het hulle moeilik vat gekry. Hulle was manne wat dinge self kon doen en nog baie meer dinge self probeer doen het, van daardie soort mense wat skaars raak in ons hedendaagse saamelewing. Mense wie se woord eervol was en as persoon met ‘n eie identiteit en karakter geleef het. Ouens wie uit amper niks uit ‘n bestaan kon maak en dan nog genoeg kon maak om vir die ander om hulle ook te kan gee. Ouens wie met baie min begin het in die lewe en te vrede was om met min reg te kom en tog, as jy hulle sou vra, vir jou kon vertel van die oorvloed wat hulle geniet. Hulle het hulle nie aan al die slimmighede van baie mense gesteur nie, dit gedoen wat hulle hande gevind het om te doen, en ‘n vol en ryk lewe vol ervarings geniet. Pyn, hartseer, verlies, maar ook vreugde, blydskap en wins.
Ek onthou hulle – en by hulle kan ons waarlik iets kosbaar leer. Ek groet julle, vaarwel! Tot ons mekaar op ‘n beter plek leer ken…