Friday, October 24, 2008

Jan Noag se plan met sy 60HP MARINER

‘n Baie goeie vriend van my het so twee jaar voor ek noordwaarts getrek het, suidwaarts getrek en hom en sy gesin in die pragtige, rustige kusdorpie Gonubie kom vestig.

So gesels-gesels het ons vriende geraak, later saam vis gehengel, geskiet, gewerk en ander belangrike sake gedoen.

Met ‘n bouery eendag daar by Jan se huis sien ek die boot daar op so stelasie ding (seker maar ‘n sleepwa) agter sy huis. ‘n Regte dam of revier boot met ‘n 60 MARINER agterop vasgemaak.

By ‘n volgende geleentheid vra ek hom so terloops uit oor die see wat so naby aan sy huis is en of hy al “spring gety” daar beleef het. Hy sê toe dat hy nie weet van spring gety nie, maar ‘n aand of wat vroër met donker maan word hy wakker van die see wat so raas en dit smaak vir hom die water klots hier teen hulle kamermuur. Dis later so erg dat hy sy vrou uit haar slaap steur om vir hom die flits aan te gee sodat hy kan kyk wat die see maak.

So het ons dan nou ‘n ding begin roer wat kon gebly het.

Die dag toe ons ook dan nou amptelik noordwaarts verhuis raak die see toe buite springgety tyd heel wat erger as spring gety en stoot regtig tot verby party van die tuinmure en so in die ouens se verbeelding in. So erg was dit dat Jan nou by my Jan Noag heet omdat hy en sy vrou, glo ek, nou ‘n nood ontruimings plan opgetrek het.

Volgens die noodplan is dit dan nou haar werk om te sorg dat die tasse met nood voorraad en geriewe saans byderhand is en die kinders varal snags altyd op gereedheidsgrondslag geplaas word. As hy dan nou die see kyk en sien dis so en Jan Noag gee die afgespreekte teken sal hy sorg dat hy die twee buldogs een onder elke arm kry en vasknyp. Sy moet dan solank die sakke en die kinners in die boot op die stalasie in die hoek van die erf onder die plate in boender en die MARINER aan die brand trek… As hy dan hoor die MARINER het gevat sal hy met die bulhonde onder die arm in harloop en van skuins agter duik onder die plate in die boot in. Op daai presiese moment as hy land met die buldogs, moet sy die MARINER oop draai…So sal hulle dan as die groot water val reeds op spoed wees om onder die geweldige terugsuig van die water uit te vaar na hoër en droër grond…

Thursday, October 23, 2008

The calm after a Mamba bite

A friend was recently telling of a person he knows who survived a Black Mamba bite. The victim apparently said afterward that if Mamba bite was not associated with certain death he would "go for it again" as the neurotoxic venom induced an extreme calm feeling. He felt this way while being in a state of near death, unable to move or make a sound but still aware of what was going on around him while he was put on life support.

The "feeling" this person described reminded me of something similar described by Allison, survivor of a very brutal rape and murder attempt in her book; I have life, Alison's journey.

I am reminded of a promise someone made who said something in the line of "...in your darkest hour I will be with you..."

Sunday, October 19, 2008

Bredie


Ek het sommer lus om klomp dinge saam te gesels. Die reen het toe begin!! Ek kan nie dink dat ek al vier maande sonder reen deurgemaak het nie. Ek was so opgewonde toe die reen begin, al was dit net 'n proesel. Ek is verder ook baie bly oor die reen daar by my en Fielies se boerdery. Op die regte tyd sal dit kom reen!!

Die eerste mielies van die nuwe seisoen staan al so 150mm hoog (seker nou 2 blaar stadium). Dit was baie lekker die oggend toe ek laas week gaan stap en die rye mielie plantjies sien kop uitsteek. Daar word hier gepraat van die groot gewerk wat nou gaan begin om die plant voorbereiding te voltooi. Tydsberekening is natuurlik redelik belangrik en 'n mielie boer kan ook seker nie bekostig om op die agtervoet gevangte word wanneer die plant reen dan kom val nie.

Plasie vermaak ons gedurig met sy spelerigheid en soms gedra hy hom heel mal!! Ons het vanmiddag by die "bure" gaan braai en toe sit kerm die drie voor die woonstel, want hulle kan ons hoor gesels, maar nie sien nie. Volgens ons hondekinners is dit onregverdig, ongehoord en ongevraagd...

Ek krap ook deesdae gereeld my vinger wat so jeuk met 'n windbuks. Die lyk seker na 'n sieldodende stokperdjie, maar vir my is dit nou 'n lekker uitdaging om die bladsy so netjies te kan pons op 15, 20, 25 en 30m. Ek is nog bietjie skrikkerig vir verder en sal eers nog 'n paar dae krap aan die korter afstande. Op 30m moet ek amper my hart en my asem laat gaan staan om die gaatjies in die swart te kan pons...