Friday, October 24, 2008

Jan Noag se plan met sy 60HP MARINER

‘n Baie goeie vriend van my het so twee jaar voor ek noordwaarts getrek het, suidwaarts getrek en hom en sy gesin in die pragtige, rustige kusdorpie Gonubie kom vestig.

So gesels-gesels het ons vriende geraak, later saam vis gehengel, geskiet, gewerk en ander belangrike sake gedoen.

Met ‘n bouery eendag daar by Jan se huis sien ek die boot daar op so stelasie ding (seker maar ‘n sleepwa) agter sy huis. ‘n Regte dam of revier boot met ‘n 60 MARINER agterop vasgemaak.

By ‘n volgende geleentheid vra ek hom so terloops uit oor die see wat so naby aan sy huis is en of hy al “spring gety” daar beleef het. Hy sê toe dat hy nie weet van spring gety nie, maar ‘n aand of wat vroër met donker maan word hy wakker van die see wat so raas en dit smaak vir hom die water klots hier teen hulle kamermuur. Dis later so erg dat hy sy vrou uit haar slaap steur om vir hom die flits aan te gee sodat hy kan kyk wat die see maak.

So het ons dan nou ‘n ding begin roer wat kon gebly het.

Die dag toe ons ook dan nou amptelik noordwaarts verhuis raak die see toe buite springgety tyd heel wat erger as spring gety en stoot regtig tot verby party van die tuinmure en so in die ouens se verbeelding in. So erg was dit dat Jan nou by my Jan Noag heet omdat hy en sy vrou, glo ek, nou ‘n nood ontruimings plan opgetrek het.

Volgens die noodplan is dit dan nou haar werk om te sorg dat die tasse met nood voorraad en geriewe saans byderhand is en die kinders varal snags altyd op gereedheidsgrondslag geplaas word. As hy dan nou die see kyk en sien dis so en Jan Noag gee die afgespreekte teken sal hy sorg dat hy die twee buldogs een onder elke arm kry en vasknyp. Sy moet dan solank die sakke en die kinners in die boot op die stalasie in die hoek van die erf onder die plate in boender en die MARINER aan die brand trek… As hy dan hoor die MARINER het gevat sal hy met die bulhonde onder die arm in harloop en van skuins agter duik onder die plate in die boot in. Op daai presiese moment as hy land met die buldogs, moet sy die MARINER oop draai…So sal hulle dan as die groot water val reeds op spoed wees om onder die geweldige terugsuig van die water uit te vaar na hoër en droër grond…

3 Comments:

At October 24, 2008 at 8:35 PM , Blogger Jan said...

Venes reken nadat al die take en prosedures uitgedeel is dat sy te veel het om te doen in so 'n krisis en dat sy eerder die bulldogs elk onder 'n arm sal gryp, dan moet ek ma na die res omsien

 
At October 26, 2008 at 7:43 AM , Blogger Dewald, Valerie, Lizette and Jessica said...

Ek MOET ook net 'n bietjie hier inkom om ook raad te gee!!!
Julle moet twee goed onthou.
1. Professor sal heel moontlik hierdie ding vanuit sy kamer dophou
2. Op die ooptrek slag is die voorste hek heel moontlik nog toe.

Ek stel voor dat professor met die remoutjie onder sy kussing slaap. As hy dan wakker word van Vanessa ( of Jan )se eerste in die boot duik slag, moet hy die remoutjie EEN harde druk gee, die in sy sak sit - vir as Jan dit ook al 'n druk gegee het - en dan gereed staan om op die regte arm inhaak metode opgepik te word as die boot verby kom!!!
Hierdie raad en bystand word gratis aangebied vanuit 21-on-2nd.

 
At October 28, 2008 at 3:28 PM , Blogger baasman said...

.......en wat as die 60 hp masjien nie vat nie???????

Ons het 'n 60M- MONO Waterpomp wat jul kan leen om die jaart mee leeg te pomp!??

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home