Monday, September 22, 2008

Besoekers en kuiers

Die naweek was besonder! Dankie Jan en Venessa vir die besoek, dankie ook vir die vis se bring. Lance, dankie vir die vis, vars vis hier in NW is iets besonders, dit was heerlik. Twee Elwe en 'n Kabbeljou is nie meer met ons nie!

Dankie Kai-uwe en Adri, die koffie kuiertjie was heerlik. Ek hoop julle vakansie is vol pret en aangenaamheid.

Jan, soos ek jou ken, mors jy nie tyd nie, dankie vir die foto, nou jeuk my vinger weer erg!


Willem en Wilma, De Klerk en Ninette, dankie ook vir julle saam kuier. Hierdie outjie raak sterk en gaan een van die dae loop.

Baie dankie Sarel en Natie, julle het ons aangenaam verras met Vrydag se bederf, die aand was iets om te onthou, klank, kleur, smaak, "vat-soen"(party ouens het so gedink), humor! Ek is verder ook bly ons kon nog mense ontmoet en sien uit om weer met Colin oor sy Simbra bees stoet boerdery wil gesels

2 Comments:

At September 22, 2008 at 11:20 AM , Anonymous Anonymous said...

Great pictures.

How about making some cash?

Go to:

mmclub2008.blogspot.com

 
At September 26, 2008 at 9:47 AM , Blogger baasman said...

Genade, dis 'n mooi bul!!! Ons koedoes begin tekens van swaarkry wys en ons kannie uitmaak wat dit veroorsaak nie....gaan binnekort toetse laat doen.

....hoe maak jy my nou lus vir vars vis...die Pick 'n Pay goed is maar nie dieselfde nie.

Groete

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home