Klein Saterdag en die antichris
Vandag is klein Saterdag, dis nou die ou studente verskoning vir 'n middle week opskop. My goeie vriend Jan bel my vanoggend en vertel my van sy probleempie. Ons het dit toe saam uitgeklaar. Jan, wees gerus, nog voor ons gesprek het my vriend oom Jannie my wakker gebel. Hy het seker gereken dat 'n boerklong soos ek al lankal wakker was. Min weet hy van my moeilikheid van die vorige nag met 'n onwillige rekenaar en werk wat sommer besluit om weg te raak. Na ek hom daarvan vertel, dis nou as verskoning vir my laatslapery, vertel hy op sy beurt wat 'n goeie vriend van hom nou die dag vertel. Hy se die ou se as hy die dag aftree wil hy sy rekenaars in sy oprit gaan pak en dan so paar maal in en uit ry. Net om seker te maak die goed is goed tot niet en dat dit nie dalk weer sy lewe sal kan vergal nie.
Ai, maar dis amper soos die engelse se van vroumense: "can't live with them, can't live without them!" Stel jou vandag jou wereld sonder 'n rekenaar voor... Daai anner wyle oom van Spies en Plessie sal dan nou kan se:"Maar boetie, is dit dan nie die antichris nie?!
3 Comments:
Dis so gepas want baie onheilighede vind plaas op Kleinsaterdag. Die speurders noem dit.... kortbroekiedag...die dag se dinge word in die oggend beplan..teen "lunchtyd" sorg jy dat jy 'n dop en 'n chop byderhand het...dis nou voor Steers met hul wackey Wednesday str... begin het....wat daarna gebeur is ongelukkig 'n staatsgeheim...privileged information...so is 'n Woensdag dan ook 'n besonderse dag vir...die boewe.
Welkom Baasman! Mis julle!!!
Dankie, mis julle ook jong!!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home