LIG
'n kort woordjie tog so kragtig...
Duisternis. En na die woord was daar LIG
Lig is 'n baken, 'n poort, kennis, dit word mag
merk die begin van tyd
iets onuitwisbaar daarmee saam deurvleg
Dit fasineer al eeue heen
Soos motte word mense getrek
As elke mens in duisternis gevange is
'n swart kolk wat om sy kop dreig...
dan swik dit voor Lig
Die Lig bring waarheid, vrede, dit maak vry.
Van die vroegste tye gee dit hoop en bring lewe
As daar lig straal uit die vensters van jou siel
sal almal wat jou sien dit sien.
En jy, jy moet net so bly...
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home