Monday, July 28, 2008

Rook op die Horison

Vrydag middag sien ek die vreemde wolk in in die sekonde wat dit my neem om te besef wat dit is gaan drie goed deur my gedagtes, tornado agtige dwarrelwind, een of ander ontploffing, veldbrand!! Daar is amper altyd wind waar ek vandaan kom en rook sal nie maklik so 'n vorm maak nie. Dit was toe rook en ook 'n voorsmaak van wat sou volg. Saterdag ry ek saam met die Roos gesin om na 'n huis te gaan kyk en skaars by die erf se hek uit toe sien ons dit brand baie naby aan 'n spilpunt land ongestroopte mielies. Ek ry toe saam om die brandslanery te volg...

Later die dag kon ek toekyk hoe daar met die perde gewerk word om hulle voor te berei vir die eerste keer se ry. Dit lyk na 'n redelik spanning volle taak, maar die manne maak mooi vordering en ek sien uit na die eerste ry slag. Hou styf duim vas vir Johan Roos.

Sondag het ek ook my eerste besoekers, anders as die plaas mense en Marlene, ontvang. My oudste broer en sy gesin het hier kom "braai" op my geleende TV braai...Dit was prettig. Ons het so op 'n streep vleis geeet en daarna kon ons darem saam nagereg geniet. Terwyl die laaste ou sy vleisie eet het ek gou vla gemaak en toe eet ons saam warm vla en ingelegte vrugte vir nagereg. Land en sand gesels oor motors en enjins, kinners en vrouens, IK toetse en TOETSE, drome en aspirasies. Die kinders het bietjie met die plaas kinders saam gespeel en tot 'n ent saam met die plaas oom se bakkie gaan ry. Dankie vir die kuier, dit was heerlik!

Vanoggend met my stappie land toe ook 'n foto van die koring geneem. 'n Belofte van oorvloed, groen, wat begin en afgeets teen die droe, goue wereld van leeg gestroopte mielie lande.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home