Ek ry my sataliet
Dis alweer Vrydag laat middag en ek staan by die venster en uitkyk en kyk en kyk. Sedert laas Vrydag het daar redelik goed gebeur en in een van die vorige posse praat ek van (engels)"my satelite workstation" dis hom; die sataliet wat ek bietjie moes ry...Nou rus ek bietjie vanaand en dan vlie ek more weer verder. My maat Jan vertel my nouie dag hy's so besig hy kannie sy "vathomlaag" draai nie. Nou ja, met my is dit amper dieselfde, al verskil is op my rondomtalie-sataliet-stoel is my "vathomlaag" omtrent al wat kan draai. Nodeloos om te se dat as daai ding draai dan draai my hele lyf saam. Dis mos hoekom hulle hierdie oulike sataliet-ry stoele ontwerp het, sodat jy met jou kantoor pel kan gesels of skel sonder dat jy jou nek af draai. Ek het nie 'n sataliet pel hier nie, dus is al rede hoekom ek draai as ek opstaan vir die koffie ketel of die porselein ketel. Na so paar dae van satalied ry is ek so geketel ek sien geel en wit kringe. Nee, nie 'n mampeor ketel nie, 'n kaffien ketel. Die dokter stel mos voor ons drink meer tee, maar hier in die sataliet wil tee nie werk nie, net met slaap tyd en dan is milo in elk geval lekkerder.
Al die ge ketel ketel laat my nou onthou van daai grap oor die goue trompet... Die wat dit nie kan onthou nie moet maar self verder navorsing gaan doen. Ek is eintlik eensaam, daarom skryf ek al die twak om myself beter te laat voel!! Ek gaan nou koffie maak en julle moet 'n skitterende naweek geniet.
3 Comments:
LIEWE BOETIE, EK VERLANG OK NA JOU! LEKKER GELAG VIR GR 11'S. HULLE HET GISTER GETOETS, EN TOM HET VLEISIE GEKOOP EN TOE SOMMER SO BESLUIT HY BRAAI, EN EK GOOI DOEKIE OOR TAFEL EN TOM SUKKEL IN KOUE WINDJIE MET OUPA SE NAT HOUTJIE EN GOOI 'N GLASIE ROOIWYN EN EK TREK DIE MERKWERK NADER...VOOR DIE GLASIE LEEG IG, IS EK KLAAR GEMERK...!!!EN TOE EK DIE PAPIERE VANDAG UITDEEL, VRA DIE KLOMP SLIMMES OF EK GISTERAAND VLEIS GEBRAAI HET!!! OUPA SE DORINGHOUTROOK EN DIE VLEISGEUR SIT VEREWIG IN DAAI PAPIER, HOOR!!! TOM HET NOUDIE DAG WEER SY VOET STUKKEND GELOOP TEEN DIE PLOTTER S'N, EN EK DREIG LANKAL OM NOG 'N BLIKBREIN TE KOOP SODAT DIE GEDOENTE STUDIO TOE KAN TREK! MY BETER HELFTE Sê NET WAG EERS, TOE KOM HY MET DIE NUUS VAN 'N 2DEHANDSE EEN EN EK HET TOE VANMIDDAG TUSSEN 15H EN DITENSIE 16H45 GAAN ONDERSOEK INSTEL...EN GEKOOP!! AMSTEL EN CHERISE VERMAAK ONS EN BLONDIE VERAL STEL ONEINDIG BELANG!! BUKSIE HET DIE WEEK WEER 'N BAL PRESENT GEKRY WAT HY GOED OPPAS. SY KNIEë RAAK NET GOU MOEG. EK MIS VIR OGIES.MORE KRY ONS GANSE, EN DIE MATRIEKAFSKEID GEBEUR OOK IN DIE AAND. DIS DROOG EN KOUD, EN HUL Sê DIE NAWEEK GAAN WINDERIG WEES. VASBYT, EK GAAN NOU IN WATER ONTDOOI. LIEFDEGROETNIS, BOET & SUS
Man is ek nou vies vir die comment stelsel.
Ek het nou net 'n lang relaas van die week se gebeure getik, met die publish slag wil 'hulle' my identity weet. 'Hulle' gee toe goedgunstig vir my geleentheid om 'n google ID te skep en dit is heel pynloos. 'Hulle' kry my toe terug by die skerm en siedaar, die hele relaas is weg in die kuber ruimte in.
Sal vanmiddag weer probeer.
Groete
Johann
Hallo daar Goessie
Nou ja, laat ek ook maar vertel wat alles gebeur en het en dan pla die verlang dalk ook bietjie minder.
Ek het seker al gese dat Die Here die afgelope tyd 'n klomp manloses oor my pad gebring het.
Eerste was S. Sy bly in 'n kompleks maar die boef wie sin dit is wil nie die goeters wat verkeerd is weer reg nie!! So moes ek haar badkamer se deur korter maak, omdat die vloerteels al langer word!! Toe ek dit gedoen het, moes ek "net gou hier ook kyk" maal twee.
Die toilet wat aanhou loop kon ek darem uit ondervinding reg kry, maar die pyp wat lek was te hoog vir my kort lyf en arms.So bel sy my in die week omdat die teel ou toe ander plek besig is en ek moes toe 5 teels afkap en weer terugsit - BAIE meer gekompliseerd as net die paar woorde.
Vrou twee was gister toe hom sin. Gister het ek toe veel minder gedoen gekry as ek wou, want dit was cealing Gary en verwer Clifford en voorwerk Melford wat aandag moes kry!! Ek kon darem die meeste vol teels inkry.
Nou vrou nommer drie is my eige sus. Hulle se elektriek hek is nou net halfpad ou tamaties en die ander helfte is handstoot. Dit is nou op my DV lys vir Maandag.
(Ek het toe vandag gou daar by jou plek 'n draai gemaak om die oortollige sement los te krap. Daar kry ek toe 'n klomp mans - L + T + K-U + N - wat kamma help pak en dra. Ek wou vir jou fotos neem om te wys hoeveel koppies koffie gedrink is, maar my battery was toe ingepak en nie in die sneppie nemer nie. Moet jou egter nie bekommer nie. Hulle kon nie te veel goed weg gedra het nie, want kort na 11 was daar nie 'n lewendige mense siel oor op jou werf nie!!!)
Vir nou is dit eers alles, maar jy bly in my gedagtes en gebede. Onthou, ek kan saam kom help as dit nodig is.
BAIE LIEFDE van die groot, kleiner en klein kase.
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home