Vrydag!!
Ek sien met gemengde gevoelens na Vrydae uit.

Die "amadlebele inghagha!" is Xhosa vir iets soos "ore wat so is!" wat natuurlik met 'n arm of hand verwysing gepaard gaan. (Daar was 'n ou man op ons plaas wat eendag vir my pa so beduie het toe hy moes verduidelik hoe 'n nuwe kalfie lyk.)
Ek hou van die manier van se. Dit hou so aan, net so lank soos daai baster Brahman se ore...lees dit hardop vir jouself dan verstaan jy wat ek bedoel.
Ek het na die bees kyk koffie gaan drink by die plaas kontoor en daarna was dit ek, die besem, 'n ou lap en my vloere. So tussen die pype en drade deur het ek darem die plek so onderlangs skoon gekry. Hier oor die warm deel van die dag hoor mens sulke flou dreunings, dan is dit 'n dwarrelwind wat oor die dak waai en die stof dwars deur die plekkie as die deure of vensters oop staan.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home