Thursday, January 15, 2009

Obskure teken van onweer


My vriend Jan sal beter oor die prentjie kan getuig as ek, dis nou as ek die vis spesie reg het! Kevin, geluk met jou "Cheimerius nufar" (in Grieks - Obskure teken van onweer) of te well Santer en ook "Soldier". Dis seker nie 'n te vreemde vis vir waar julle gehengel het nie. Die kleur is besonders en ek plaas die foto graag hier, want dis ook vir my 'n mooi foto. Jammer ook oor die gat destyds in die duck toe ek daai baber gevang het...
Hel ek mis die see, die vis en 'n klomp hengel vriende.

Ek spog ook graag weer met 'n rare vangs wat ek eendag met my lang stok by Blackrock gemaak het. Nie so seer 'n rare vis nie, maar raar dat ek hom so gevang het en baie raar as hy aan my aas probeer eet het. Die "fringelip tongsole" of iets baie naby daar aan. Ek hou dus die SA rekord vir die een sover ek weet...

Grap sommer dit gebeur blykbaar soms dat die outjies perongeluk gehak word.