Saturday, June 27, 2009

Engelse woorde

Now
I am in a strange place finding myself
lost among the pages of a book not open
and not quite closed
a story both read but also untold.
Hanging not flying nor falling suspended
between the lows of nothing
and the highs of somewhere.

A day an hour a lifetime a year
eager in will to move and to stride
but bound by these cords of hope.
Hoping for something
that will eventually pass and
make way for forever
asif life here never was.

Wednesday, June 24, 2009

Witmosselkraker??



Woorwaar die skim van alle visse! Hoekom dan? Ek dink dit is bloot vertaling wat verwarring veroorsaak. Onthou hulle soos volg:

Swart Steenbra / Swartmossel-kraker (Blackmussel Cracker) Lat. Cymatoceps nasutus
Dis oorwegend ‘n dik, donker vis met ‘n wit ken, dik lippe en ‘n kenmerkend ernstige klomp gepunte konies-gevormde sterk tande (laat my aan honde tande dink) wat geleidelik na malers verander half pad agtertoe in beide die bo en onder-kaak. Sien regs op die tande fotos.
Jy sal hom skemer en in die aand meer geredelik van die rotse af haak, daar tussen die klippe, of jy hom gaan vang sal ons maar moet sien. Ek vra nie, ek maak ‘n stelling! Jy haak hom, maar hy laat hom nie sommer tussen die klippe uitsleep nie. Jy sal bakbeen staan boeta, hy gaat jou “Dywakie”, jou “maxima” en jou “tri-tip” stokkietjie toets. Die kanse is goed dat hy gaan wen en jy gaan dit afmaak as nog ‘n groot haai agter die rif. Ander ouens vang hom maklik van die boot af, trek hom op en kom “brag” grootbek by jou oor sy “soveel kg en soveel kg Black” wat hy gevang het. Sê dan net beleef “mmmm, mooi… seker van die boot af?” en moenie verder daaroor tob nie. Tussen die rotse van die kant met hoogstens .55mm lyn, bring hom pappa laat ons sien…As ek ‘n anderster soort visterman was het ek nou sywaarts deur my tande gespoeg! Deon, dis darem ‘n pragtige vis, man!

Witmossel-kraker / Silver (soms Silver Steenbra ook Wit biskop, White musselcracker)Lat. Sparadon durbanensis
Oorwegend ‘n silwer vis, vandaar sy verkorte engelse naam “Silver” hulle vang hom glo met siffie – venus ear. Ek het hulle al sommer met sardien, rooi aas en chokka gevang. Hierdie ou het ook malers in sy bek, maar sy voor tande herhinner aan die van ‘n perd of daai bekende Springbok losskakel (hel ek is nie eers ‘n rugby kenner nie). Twee onder en twee bo, reg oor mekaar, sulke groot lang plat beitelformige tande. Sien lings op die tande foto.
Hierdie vis is ook berug en sy vat is hard en vinnig, jy vang hom ook tussen rotse, maar ook waar die sand en rotse saamkom. Alhoewel hy hard stoei kom hy makliker uit as die “Donker ene”. Dis egter definitief ook ‘n prestasie om ou perdetand uit te haal. Die boot hengelaars en pylgeweer skieters kan soms lelik maai onder hierdie spesie.


Die verskil tussen die twee visse se strategie is die Swartmossel-kraker gaan af en druk sy kop in ‘n gat naby die bodem en daar sal hy bly terwyl die silwer(Witmossel-kraker) sal swem en baklei met die hoek en lyn wat hom vashou. Gaan gooi ouens, hiedie is altwee prag visse om te vang en is heerlik om te eet. Hulle val ook alby onder die Sparidae familie.