Saturday, April 25, 2009

Brood alleen

Ja, van brood alleen sal ons nie kan lewe nie...

Soos dit nou maar is as dit is soos dit is probeer ek aspris dinge geniet terwyl ek dit doen, konsentreer so half meer op die geniet as dit wat ek doen. Dit klink dalk verkeerd of agterstevoorom, maar daar is redes voor. Daarom die brood storie.

Die kombuis in die laat middag met die flou wordende sonlig wat by die oop agterdeur inskyn. Plasie die hond bederfde "kind" wat wag dat die fisante begin slaapplek toe beweeg.

Die oond-gat het ek vroer in die dag gegrawe, en dit het my besig gehou en omtrent laat blaas en hyg en raas.

Die oond tempratuur moes ek bietjie met gas aanhelp omrede ek my met die reistyd van die brood misgis het.

So sit ek dan hier buite agter die huis en hou die sonsondergang dop terwyl ek by die brood in die oond waghou en vir Penny die nuwe regte hond kleinhondjie van die warm oond deksel afhou.

Ons het darem later, so 45min later, lekker vars warm grondoond brood gehad om te eet.

Friday, April 24, 2009

'n Nuwe seisoen en nuwe brood

Ek weet nie of julle daar in die kolonie al agtergekom het dat die somer sommer verdwyn het nie. Hier was daar al so twee weke terug ryp en een oggend ys op die kar venster. Darem nie elke oggend ryp nie, nog nie, maar dis oppad.

Amper almal is die naweek weg van die plaas. Sommige is "mighty men" toe, sommige is sommer net naweek af en weg, ander het vir hul ouers gaan kuier vir die lang naweek en die van ons wie agter bly moet maar jolig wees. Weet net nie vir wanneer dit beplan is nie. Ek moet nog die brood oond gaan grawe en met my vermoens gaan dit 'n laaaaang grawe wees. Ek sal photos pos.

Ek sien uit na Naas se kuier en hoop hy word geseen met vis! Geen druk, net vislus en verlange na die bloudam se branners...Tot later.