Thursday, January 1, 2009

Oujaarskuur skoon gewas


Dankie Ben en Marieta en ook al die ander mense van oujaarsaand op Houtkoppies.

Ons is saam met julle almal bly oor die groot geskenk van bo en toe ons vanmore vroeg verby die lande huis toe ry kon ek hoor hoe die mielies hande klap en sing...

Jesaja 55 vrs 12 "Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap."