Bietjie vir bietjie beter
Laasnag was moeilik, en gister was my nek styf, maar vandag was die grootste uitdaging om nie te karring aan goedjies wat pla nie. Dis nou die blasies oral op my lyf. Ek hoop ek word 'n goeie nagrus gegun.
Verder het die tweede stel sputems ook niks gekweek nie en more moet ek 'n derde lot gaan gee. Ek hou moed en vertrou dat dit ook negatief sal toets. Of ek het dalk nog net nie diep genoeg in my longe gaan grawe vir wat die dokter soek nie. Ek was toe poskantoor toe om my pakkie te gaan haal en was so gelukkig om dadelik gehelp te word, net na die middag ete breek!
Gister se steak was heerlik en ek het van dag die stuk wat oorgebly het geroer-braai.
Buite roep 'n jakkals en dit pas so half by hierdie eensaam bestaan. Gelukkig is dit van more af beter, want my enigste en einste kom kuier!