Saturday, November 8, 2008

Wealth

It is so that our true wealth and riches is not measured in what we have but rather by our experiences, communion and sharing thereof.

Hoeveld somer

‘n warm dag wat stil begin
‘n wind kom uit die noorde druk
Teen namiddag staan ‘n deinsrigheid
op die suide horison en wag
Die wind druk voort ‘n vaal muur teen
wat later soos ‘n groot kombers,
hoog bo ons koppe toetrek
Die wind huiwer, maar stoot dan voort…

‘n Wollerige rand krul af en om
So ver ek kyk na oos en wes
word die kombers gespan en skemer word
nou ‘n diep blou teen die suide horison.
Iewers ver die klank van swaar goed wat skuif
en weer die wind se huiwering…
Dit raak bevange teen die groot donker wal
en waggel vol angs al teen die rand af, oos.

‘n bruin wolk verskyn in die suide
agter die bruin ‘n wit sluier wat volg.
‘n Man leun vorentoe op sy trekker
hy hou sy spoed voor die sluier uit
en verdwyn dan na die noorde.
Die wind se vrees is wit en
sy vlug ook na die noorde,
die trekker man agterna…

‘n kolk het onder die kombers begin maal
en ‘n nuwe wind daaruit gebring.
‘n Blits spring uit die kolk en dreig
met skerp knal en rammel klank
die wit sluier bring stukkies ys wat
op die grond voor my huis begin val.
Met geweld skud iemand die
groot kombers dat sy punte klap en dreun.

Die nuwe koue wind storm oral in
opsoek na die bang voorwind.
alles dreun en skud en ‘n tril
en ‘n siddering gaan deur die grond.
Die donker is gevul met blits beelde
van chaos, die wit sluier slaan oral toe
op soek na die man op die trekker
en iewers, die bang voor wind…

‘n bree stroom bruin spoel noord,
die pad af agter na - ‘n blou lig skynsel in,
twee helder ligte wat wit uit die noorde skyn
en kort daarna, swart, donkerte,
‘n Vreemde nag vol geweld en geraas tog mooi…

Vanoggend het die voeltjies vrolik gesing
en hul vere in die poele kom bad.