Thursday, April 16, 2009

Mooi goed





In 'n week of twee wat dit moeiliker gegaan het het hierdie paar mooi prente my pad gekruis. Kosmosblomme, die laaste somer reen, perde wat vir my verjaarsdag kom kuier, en 'n wolk met 'n silwer rand - die belofte dat dit weer beter sal gaan...

Wednesday, April 15, 2009

Hoes die!?

Drie vriendinne, een in 'n informele verhouding, een verloof en een 'n lank getroude vrou, ontmoet oor 'n paar drankies na werk.

Hulle besluit om hulle liefdeslewens bietjie op te kikker en die manne in hulle lewens te verras met 'n stoutigheidjie.

'n Week later kom hulle weer bymekaar.

Die enkel meisie sê, "Ek het na my vriend se kantoor gegaan met 'n lang jas aan. Na almal weg ishet ek die jas laat Val en al wat ek aangehad het was 'n leer korset met swart sykouse en hoëhak skoene. Ons het net daar op sy lessenaar liefde gemaak."

Die verloofde vrou sê, "Toe my verloofde by die huis aankom, het ek vir hom gewag met 'n swartmasker, korset, sykouse en hoëhakke. Ons het die hele nag passievolle liefde gemaak, en nou wil hy vroeër trou."

Die getroude vrou sit haar glas neer en sê,"Ek het baie beplanning gedoen. Die kinders is na my ma toe, ek het 'n lang bad geneem met gegeurde olie en my beste parfuum aangespuit. Ek het in 'n stywe leer korset geklim met swart sykouse en ses duim hoëhakke, alles afgerond met 'n swart masker. My man het by die huis gekom, 'n bier en die afstandbeheer gegryp, homself op die bank neergeplak en uitgeroep...
Hei Batman, wat eet ons?

Dankie Lucien vir die lag!