Wednesday, November 19, 2008

Teg-no(geen)-logie

Soms voel dit of die goed met geen logika werk nie, maar dan is dit meestal ek wat nie weet waarmee ek besig is nie. As ek die ding kry dat hy werk is dit meestal na'n goddelike ingrype saam met 'n geweldige gespartel wat, of in smeek gebede, of in vreeslike taal gebruik ontaard! Die gevolg hiervan is dat ek na so 'n sessie redelik uitgeput voel en meer as dikwels moet gaan kniel en van voor af belydenis doen, vergifnis vra en amper ook van nuuts af weergebore word.

Internet sonder kabels!