Friday, May 29, 2009

Raai raai

Tussen ons
is daar ‘n land vol goud
Kwesbaar en kosbaar
Jonk maar tog oud
gereed vir die awegaar.
Wie is ons en wie is hulle?

Thursday, May 28, 2009

Een jaar en een dag


Gisteraand het ek en Marlene saam onder die boom hier voor die huis vleis gebraai, in die koue! Ons het nabetragting gehou oor die afgelope 365 dae, lekker langs ‘n vuurtjie.

Ek het ‘n teorie oor "hoekom tyd al vinniger gaan" probeer formuleer, eenvoudig en heel wiskundig probeer verklaar en terselfde tyd ontdek dit is ‘n wye gedagte.

Kom ons werk met ‘n eenheid van ‘n jaar (365 dae), omdat almal altyd opmerk hoe vinnig dié eenheid verby gaan. Vir ‘n voorskoolse kind is die begrip van dié eenheid te wyd en dit lê meestal buite hul verwysings raamwerk, maar ek sluit hulle in om die somme mooi te laat werk.

Vir ‘n kind van 2jaar oud is die eenheid = 50%, die helfte, van sy lewe. ‘n Enorme deel van sy bewuste bestaan.

Vir ‘n kind van 10 jaar oud is die eenheid = 10%, ‘n 1/10 van sy lewe. ‘n groot deel van sy bewuste bestaan.

Vir die jongmens van 20 jaar oud is die eenheid = 5%, of 1/20ste van sy lewe. ‘n Noemenswaardige, maar relatief klein gedeelte van sy bewuste bestaan.

Vir die persoon van 50 jaar oud is die eenheid 2 % en vir die honderdjarige slegs 1% van hul bewuste bestaan.

Verder bygevoeg: Soos tyd aanstap en menswees ontwikkel, word die einskap van geduld geleidelik aangeleer. Geduld is soos ‘n deler waarvan die waarde begin by 1 en eindig by argumentshalwe 100 binne 'n aardse konteks. Hierdie deler het die effek om in tye van wag, ‘n jaar te verkort of glad nie te verkort nie. MAW geen geduld sou deler waarde van 1 toepaslik wees en met geduld van ‘n middeljarige, ‘n deler waarde van 50. Dit kan ook gebeur dat persone wat geen geduld aangeleer het steeds teen ouderdom 60 jaar ‘n delerwaarde van 1 gebruik. Omstandighede kan ook hierdie delerwaarde beinvloed. Die bo genoemde is egter relatief en die argument op emosie gegrond en het geen werklike invloed op die tyd eenheid nie.

Nou die groot openbaring:
Op die ou end is tyd eenheid = nul! Die eenheid word irrelevant! En as die persoon uit kon hou, kon wag, geduld kon leer en toepas, dan word die deler dus = ∞. En as die deler = ∞ dan betree die persoon die ewigheid!!!??? Wiskundig dan:
1/1 = 1 (1 jarige)
1/2 = 0,5
1/10 = 0,1
1/20 = 0,05 (jong mens)
1/50 = 0,02
1/100 = 0,01 (die huidige grens van ons aardse konteks)
1/1000 = 0,001 (Metusaleg) vir hom was die eenheid = 0,001x(eenheid)
MAW soos ons oud word: eenheid≈0 en deler ≈ ∞ en dit word al minder en minder….belangrik.
1/1>1/2>1/10>1/20>1/50>1/100>1/1000>…1/(∞-1) ≈0 en so word dit niks/null…

Daarom: terwyl die tyd eenheid nog vir die persoon noemenswaardig is, maak dit saak! “Buig die boompie terwyl dit jonk is!”