Friday, June 12, 2009

Winter fenomene

Waar staan daai nommer? - Wintergereedskap







Waars die water - Winter blokkasie










Waars die blare - Winter bome









En die een???

Thursday, June 11, 2009

Wild rit

Maandag oggend besluit ek om bietjie uit te kom voor die “sneeu en reën” ons tref en ry so met die twee spoor om die lande. Ek sien drie duikers, ‘n jakkals, baie fisante en vier troppe tarrentale, elke trop meer as 50 voëls. Talle meerkatte en waaierstert-meerkatte en met my laaste been terug huiswaarts verby die gestroopte sonneblom pivot ‘n swerm krans duiwe so lank soos die volle deursnee van die pivot (600m). Die duiwe het dit skemer laat word toe hulle opstyg. Jammer, ek kon hulle toe nou nie ook getel kry nie…

'n Gewaarwording
‘n Mens kom met trane en smart by ‘n punt ( die besef) dat die “geestelikheid” wat jy van jouself ag, leeg is; dat die rykdom van gelowigheid wat jy dink jy besit eintlik ‘n waan van jou eie “Ek” is; dat jou sekerheid en vaste vertroue einlik niks anders as jou eie trots en geloof in jouself is. Jy kom dan by ‘n punt van totale armoede en leegheid, wanneer jy met jou hele wese, alles binne in jou na God smag. By hierdie punt maak niks meer saak nie, niks wat jy in hierdie wêreld as belangrik ag kom dan voor jou behoefte aan die Here se troos. En jy bid, “Here, U alleen is God! Sonder U kan en is ek niks. Amen”
11 June 2009