Saturday, September 27, 2008

Storie lees en vlieende tyd

Die lewe word baie vergemaklik met humor saam. Marlene loop nou die dag die storieboek van die sagmoedige reus raak. Die boek hou vir haar spesiaale herinnering in en sy koop dit toe. Later die middag is die plaas kinders hier om te groet en groot was my verbasing toe hulle stil sit en luister na die eerste 30 bladsye van Sophie en die sagmoedige reus!

Die afgelope twee weke was soos onbeplande vakansie en ons het omtrent lekker gekuier saam met al die besoekers en mense van die omgewing. My broer Johan het hier oor geslaap en saam kon ons 'n heerlike braai hier voor die huisie maak! Daar het sommer 'n hele klomp lekker dinge gebeur. Ek het na Jan se tweede besoek tot biltong gesny. Dit voel amper of ek self gejag het! Jan baie dankie, jul besoeke is iets om te onthou.

Donderdag die 25ste was D-dag (dokter dag) en sy het al die nodige bloed getrek, drukke gedruk, aaarg geluister, ore gekyk en sommer gesels. Marlene en Johann het saam gegaan en kon als volg.

Woensdag het ons saam met Marlene se ouers, broer en skoonsuster gekuier, wat 'n veesmaal was dit nie! Hulle het die mooiste rooikop seuntjie met sulke helder blou ogies en 'n wakker manier van doen. So het die laaste week ook verby gevlieg en my weer bewus gemaak van hoe belangrik elke oomblik van "nou" is. Dis al tyd wat ons het om 'n verskil te maak. Gister is verby en oor more, is niemand seker nie...

Monday, September 22, 2008

Besoekers en kuiers

Die naweek was besonder! Dankie Jan en Venessa vir die besoek, dankie ook vir die vis se bring. Lance, dankie vir die vis, vars vis hier in NW is iets besonders, dit was heerlik. Twee Elwe en 'n Kabbeljou is nie meer met ons nie!

Dankie Kai-uwe en Adri, die koffie kuiertjie was heerlik. Ek hoop julle vakansie is vol pret en aangenaamheid.

Jan, soos ek jou ken, mors jy nie tyd nie, dankie vir die foto, nou jeuk my vinger weer erg!


Willem en Wilma, De Klerk en Ninette, dankie ook vir julle saam kuier. Hierdie outjie raak sterk en gaan een van die dae loop.

Baie dankie Sarel en Natie, julle het ons aangenaam verras met Vrydag se bederf, die aand was iets om te onthou, klank, kleur, smaak, "vat-soen"(party ouens het so gedink), humor! Ek is verder ook bly ons kon nog mense ontmoet en sien uit om weer met Colin oor sy Simbra bees stoet boerdery wil gesels