Wednesday, June 17, 2009

Winter tuin


Dis seker ‘n soort hoop wat in my brand.
Ek was lus vir iets doen, seker agv die gatvolgeit van my onvermoë om eindtlik veel te kan doen. Om die twee rye op te ert en ertjies te plant het my amper twee uur besig gehou Vrydag en ek het geblaas daarvan. Blerrie sleg, half lewendig – wat ook al!!

Saterdag het Johan en sy seuns my gehelp om ook twee rye knoffel in te sit. Daar word beweer dat die gewasse in die winter in die streek geplant kan word. Sal wel sien, want dit word vrek koud hier. Ek wil kool ook probeer, dis glo ryp bestand. En vries bestand??


Oubaas se hond hou sy rug warm. Die arme honde pik vandag heel verward na ons die elektriefiseerde heining aan het. Dis nou om hulle te ontmoedig om buite die erf rond te snuffel. Ek wonder wat deur hul koppe moet gaan. Hier is nou skielik ‘n vinnige bliksem met ‘n sambok. So vinnig hulle kan hom nie eens sien kom nie!