Sunday, September 27, 2009

DNS (DNA)

Ek was vandag kerk toe. ‘n Grootdag vir my omdat ek meer as ‘n jaar laas “kerk” toe was. Ek het tot saam gesing, al het ek bietjie kort asem geraak. Sagter gesing as wat ek in die verlede gewoont was. Ook in ‘n laer toon, minder self versekerd, minder ek, sommer net minder. In ‘n vreemde gemeente, met ‘n vreemde predikant en vreemde mense langs my aan die een kant en darem Marlene langs my aan die ander. Dit gaan nie oor ons nie. Ja dit gaan nie oor mý of jóú nie…dit gaan oor die Skepper, sy Gees en sy Seun en tog is ons vir hierdie Heilige Drie-eenheid so belangrik dat Hy ons elkeen ken, elke feseltjie en gekodeerde dubbelhelix DNS van elke individu.