Wednesday, September 17, 2008

Eregaste

Ek sien al lank uit na die kuier en die oues van dae het dit toe darem gemaak hier na ons toe. Ek waardeer die moeite en dankie dat pa en ma kom kuier het!! Ek hoor Marlene se kos is vir julle lekker!!Vir my ook!



Wilma en Willem, baie dankie vir die slaap plek, anders sou ons moes beurte maak op die beddens. Hier word baie gesels, koffie gedrink, geeet, games gespeel en nog wat!

So tussen in skiet ek en Johan nog 'n Japanees af in die 2de wereld oorlog. Die prentjie wys net voor opstyg hoe dit lyk as mens van agter uit die bomwerper moet skiet. Die kan nogal vermaak verskaf aan 'n ou wat aan 'n pyp vasgemaak is! Vergewe my, maar ek het nooit as kind die tipe ding geniet nie en nou verstaan ek hoekom. Anders was ek teen die tyd al uit gespeel...

Die wind waai bedags en ek vermoet dit gaan een-of-ander tyd reen bring.