Saturday, January 9, 2010




Nou wat is dan fout met die maan...? Die laaste volmaan van 2009. Die fotos is met 'n selfoon geneem...en daai verkyker truuk. Die eerste foto wys hoe die nag "opkom". Die tweede, dat daar iets ernstig kort met die maan, of is dit slegs my voorstelling? En die laaste - die spookasem om die maan.

Dit was 'n besonders stil en mooi somersaand.

Al die gaste is nou huis toe en dankie aan julle almal wie van ver gekomkuier het, Johan en Karin met hul kinders, Pa en Ma, Caroline met Jarrod en Caylan, Lucien en Linda met hul kinders en Deon en Rika met hul kinders, dit was heerlik om jul almal te sien en so bederf te word. Dankie.

Die nuwe jaar is vol beloftes vir baie mense en vir my persoonlik ook. Tans is ek in vir roetine IV's en die dokter lyk heel tevrede.