Friday, January 29, 2010

As jy dalk ook wonder hieroor...

Vandag het ek gewonder oor regverdigheid
en het besef die rég daartoe is nie myne nie.

Waar is regverdigheid dan?
Is daar ‘n ander wat sal toesien dat dit wel geskied?
Dit is vir my en jou so maklik om na regverdigheid te roep,
want dit moet mos geskied…so word dit vertel.

En tog, te dikwels, het ek al ook gehoor en sien,
hoe regverdigheid ontbreek, dat dit iewers in die
wan-orde van boosdoeners verloor het.
Dat regverdigheid dood is. Ja, vir ewig dood!?

Maar regverdigheid is groter as die dood
groter as jou en my soeke daarna
dit kom my en jou nie toe, maar is verseker hier.
Regverdigheid word so dikwels in onregverdigheid gebaar…

Die barens pyn van onregverdigheid het
heel dikwels tot gevolg dat ons oë
oop forseer word om Regverdigheid te sien!
En dan kan ek nie anders as om my knie en hoof te buig.

Monday, January 25, 2010

Rooibaard en die delwers




Ons groei rooibaard mielies hier in die groente tuin. Die honde lê in die Roket en kyk hoe Marlene die ertjies karnuffel…en so 500m wes dreun ‘n masjien wat delf na klippies. Die somertuin is ‘n vreugde. Reën vir 2010 staan hier al by die 200mm rond en die mielies op Holfontein lyk alles soos besproeings aanplanting.