Saturday, February 13, 2010

Meester





Gebuig-reguit

As iemand krom is,
sal dié wereld
van die Swartbergpas
hom reguit maak
en as hy reguit is
sal hy hier krom word…

Die Hel is woes
en leeg
en van god verlaat,
maar die pad soontoe
is nog erger.
‘n Bree weg
is dit
in die geval nie!

maar hier sal jy
nederigheid kom kry...

Sunday, February 7, 2010

Gee ons 'n breek




Ek doen nie reg aan die afgelope week nie en sal dit moet regstel. Ons wegbreek neem ons nou oor ver paaie en tans is ons in Robertson oppad na die Kalahari. Die paar dae by Yellow Sands was besonders. Julle vriende en familie wie kom kuier het word opreg waardeer. Baie dankie! Ek wil net 'n spoor hier op die blog los om ons reise vas te pen en sal verder weer so maak en uitbrei.