Friday, August 29, 2008

Een minder baie om te gaan...

Hoe sal ons weet...?
Ek neem vanoggend die foto vir die blog, sien wat ek bedoel met die vorige skrywe! Boer mens dan met sulke goed?? Of maak jy oorlog??

Ek dink die ouens maak oorlog teen onkruid met die ding. Wat se kans het 'n arme bossie teen so 'n gevaarte. Dit hang seker maar van die gif af boet.

Dis nou seker 'n geval van "groot masjien groot gif" of "groot masjien baie gif mxxr vinnig!". Die vervanger van die "umgaba" of te wel, skoffelpik. "Spuit my dood met 'n gifspuit!" amper soos "slaan my dood met 'n piksteel".

Ja, jy's reg as jy gewonder het,dis alweer Vrydag. Dag 94, hoe sal ons weet...wanneer, waar, hoe? Nee, ons sal nie weet nie. Ons dink soms ons weet maar eintlik weet ons niks.

Onthou ek nou skielik van Charl se oupa of grootjie. Dis lank terug en word vir die waarheid vertel. Toe ploeg en boer die ouens nog met perde, osse en so aan. Die oom ploeg, en hy werk hard, min tyd vir twak, want die grond is taai en die saad moet in voor lank.

Daar kom 'n man op 'n perd aan, windgat, Nee hy's van die regering. Belasting man en hy wil weet waar ene Mnr so-en-so bly. Die oom druk toe blykbaar sy een hand in sy sy, vat die eenskaar se regter handvatsel mooi vas, lig hom uit die grond en wys na 'n huisie daar eenkant op die bult. "Hy bly daar..." seg hy "en dis hy wat met jou praat!" Toe die oom die ploeg neersit is dit net lat die man op die perd anderkant toe klein word soos hy ry. Snaaks dink die oom, hy het toe nooit geseg wat hy nou eintlik van Mnr so-en-so wou gehad het nie.
Daar het toe blykbaar ook nooit weer so 'n man by die oom kom "besoek" nie.

As dit vandag maar so maklik was. Ons wil mos nie meer deesdae met hardewerk sukkel nie.

Tuesday, August 26, 2008

GPS & HYDROSTATICS

Na die mate waarin wêreld politiek rugby opgevoeter het... tong in die kies, het tegnologie boerdery op sy kop gedraai. Dit, in beide gevalle, seker ten goede of ten minste ten bate van die saak en die kykers... en die eters.

Hier het nou die dag 'n ding aangery gekom, ôk nie sommer net nie, dit was gaan haal en die gaan haal het 'n paar sterk manne ook 'n goeie 13 uur gevat. Van vêr af lyk die ding na a stuk militêre toerusting in die lyn van grof geskut wat die verkeerde kleur geverf is. Van die agter en voor kant lyk dit soos 'n helse groot, vinnige spinnekop op wiele. Wanneer die ding werk lyk dit soos 'n gedoente uit 'n ander wêreld. En as mens binne in sit, as jy sou kans sien daarvoor, voel dit jy vlie in een van NASA se skeppinge.

Dit smaak my die stuur is daar om ornamentele redes, of sodat die drywer(insittende) nie te ongemaklik voel nie. Na so 'n kort bekenstelling lyk dit vir my die ding het amper nie 'n drywer nodig om sy werk te doen nie. Jy gee hom eenvoudig die nodige inligting soos uit 'n GPS, 'n paar verdere getalle rakende hoeveelhede en wys hom die pad. Op die punt neem die "HYDROSTATICS" oor en vertrek die ding met spoed om sy taak te gaan uitvoer, die drywer moet net klou. "Voorwaar voortreflik!" is al wat ek kan uitkry...

Monday, August 25, 2008

Full weekend - empty house

After Marlene left this morning I had a lonely and quiet time. That empty-house feeling after the visitors!! I had a great time this weekend though with Lucien, Ters, Naas and Marlene visiting from East London. Also Neil and Marlize from Johannesburg and the Roos family, my "patrons". New visitors were Willie and Cariena with their children. On Sunday morning we had coffee in the warm sun on my "voorstoep". It means so much to me when people take the time and spend a few minutes, or even better hours, sharing conversation.

I am happy for the warmer weather and find it hard to believe that I have been here for 90 days spanning probably the coldest time of the year.