Thursday, August 21, 2008

Kolganse

Johan sluip in die kosmos bos
Die kolganse lag, giggel en lag
Johan kruip in die kosmos bos
Die kolganse lag en lag en lag

‘n Stilte daal oor die awend neer
Johan lê aan en …ag!
Die kolganse vlieg en lag en lag
Johan het iets geleer?

Ander dag dan probeer ons weer
Ander dag met ‘n ander geweer

Wednesday, August 20, 2008

Klein Saterdag en die antichris

Vandag is klein Saterdag, dis nou die ou studente verskoning vir 'n middle week opskop. My goeie vriend Jan bel my vanoggend en vertel my van sy probleempie. Ons het dit toe saam uitgeklaar. Jan, wees gerus, nog voor ons gesprek het my vriend oom Jannie my wakker gebel. Hy het seker gereken dat 'n boerklong soos ek al lankal wakker was. Min weet hy van my moeilikheid van die vorige nag met 'n onwillige rekenaar en werk wat sommer besluit om weg te raak. Na ek hom daarvan vertel, dis nou as verskoning vir my laatslapery, vertel hy op sy beurt wat 'n goeie vriend van hom nou die dag vertel. Hy se die ou se as hy die dag aftree wil hy sy rekenaars in sy oprit gaan pak en dan so paar maal in en uit ry. Net om seker te maak die goed is goed tot niet en dat dit nie dalk weer sy lewe sal kan vergal nie.

Ai, maar dis amper soos die engelse se van vroumense: "can't live with them, can't live without them!" Stel jou vandag jou wereld sonder 'n rekenaar voor... Daai anner wyle oom van Spies en Plessie sal dan nou kan se:"Maar boetie, is dit dan nie die antichris nie?!

Sunday, August 17, 2008

Ek deel met julle:

Die Here weet ...
Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies .
Weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ....
Het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat .
Was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
te besig is om te bel of nie verstaan nie .....
Wag die Here saam met jou.
Die Here is aan jou sy wanneer jy dink
jy alles Probeer het en nie meer raad weet nie ....
Hy het die oplossing.
Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
verward of gefrustreerd voel ....
Het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder
en jy tekens van hoop in die lewe vind ..
Het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan
en jy volop stof tot dank het ....
Het die Here jou geseën.
Wanneer iets verstommends gebeur
en jy daardie spesiale iemand vind ....
het die Here se glimlag op jou gerus.
As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te leef.
Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar,

DIE HERE WEET!
van Lisa 16/08/2008
Amen