Thursday, January 22, 2009

Pienk & Blou


Daar was mos daai klei mannetjies destyds toe ek nog TV gekyk het...
Nou is ek die blou een en Marlene die "pienk" een. So praat ons sonder woorde wat sin maak met mekaar en vind maniere om ons mee te vermaak hier op die plaas.
My gunsteling nuwe sporte is selfoonskop, pypiesleep en netwerkskel.

Dis nou al die frustrasies met hierdie togno(geen)logi wat onafwendbaar deel van die meeste van ons lewens geword het.

Nou die dag het ons fisant geeet. Heerlik sag, met room gaargemaak soos my pa aanbeveel het. Met die jag geweer geskiet natuurlik! Mmmmm...

3 Comments:

At January 23, 2009 at 12:06 PM , Blogger Jan said...

Laat my dink aan hoe mens tarrentaal gaar maak, die resep gaan omtrent so:
Skiet en slag die tarentaal en laat hang dit in 'n koel droë plek vir 3 weke.
Maak vuur, sit die tarentaal met spices en water in 'n swart pot. Sit 'n graniet klip by.
Kook tot die graniet klip sag is(dit vat omtrent 3 maande).
Gooi die inhoud van die pot weg en eet die pot.

 
At January 24, 2009 at 1:25 AM , Blogger Heinrich said...

Dag ou maat,ek sou ook jou duim blou gepik het as jy my met so groot geweer geskiet het.
Ek is bly om ook nou jou goedjies te kan lees,ons het al lekker gelag en gehuil.
Ons mis julle en jy moet groete stuur vir pienkie.
heinrich,alma en die kids

 
At January 26, 2009 at 1:30 PM , Blogger baasman said...

ja-nee........ek kan dit glo van daai boer en sy roer. Vertel ons van die bekruipslag.

Groete....mis julle

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home