Monday, June 23, 2008

Appointment made

Today the dentist did his second bit on my misbehaved molar and me, being a little over sensitive, nearly did a headstand when he pushed something hard into the hole where my tooth nerve lived on Friday before he drilled it out. I think the nerve still lives there! Tomorrow, he says, he will be finished with me... Relief.

I managed to make an appointment with Dr Williams today and hope to see him on Thursday.

3 Comments:

At June 24, 2008 at 9:06 AM , Blogger saintjurie said...

Hi Gus. Die see lyk vandag weer so aanloklik... kan ook maar net verbyry en kwyl, maar daar is steeds te veel hengelaars oppi rotse - geen vissermanne in sig.... geen rapport van 'n vangs of iets nie. Sterkte meddi tanneman, ekke sê nog altyd - trek die deng uit man, hierrie ge-weer en weer boordery klink soos water soek inni karoo - kos net spul geld en op ou end sit jy met moerse diep longdrops oral inni koppies.... weet noggi lekke hoe hierri blog-deng werki, hoop jy kry die boodskap. Mis jou. Bid vir jou voortdurend. Byt vas. J

 
At June 24, 2008 at 9:14 AM , Anonymous Anonymous said...

Sterk wees en vasbyt. Net nie aan die tandarts nie!!

 
At June 24, 2008 at 3:11 PM , Blogger Tannie Irma said...

Hi Gustav!

Ons hoop dit het OK gegaan met die tandarts gister ... die ou hierbo het gesê trek hom uit!! Nee man, hou hulle, dis te lekker om te eet sonder dat kos onder jou valstande se "plaat" ingaan .... ek sien daagliks hoe ander "oumense" struggle om geëet te kry ... dié dat hulle gedurig spysverterings probleme ondervind!! Ek het maar die "duur pad" gevolg en kan nou op my oudag selfs nog biltong eet!!! As jy so oud soos ek is, sal jy "aan clip" tande kan kry!! Dis die moeite werd om daarvoor te wag (hie-hie-hier) ... hoe lag 'n mens "elektronies"?

Ek en oom Jaco was vanoggend af see toe om wit mossels te gaan soek sodat hy kan gaan hengel. Dié goed is mos so skaars soos hoendertande ... dis 'n heerlike dag hier, en elke keer as ek af see toe stap, sit ek minstens 30minute stil en wy dit net aan jou/julle! Weet jy/julle is voortdurende in ons gedagtes en gebede. Ja, daardie wonderlike gevoel wat jy vroeër genoem het ... dit is baie spesiaal ... Ek het nou onlangs 'n boek van Bilquis Khan gelees ... sy is 'n moslem wat haar tot die christen geloof bekeer het ... as ek jou adres gehad het sou ek dit gepos het. Maar wanneer jy weer hiernatoe kom sal ek dit vir jou gee.
Liefdetjies en sterk wees.
(Ek is bly jy ry 'n "Ferrari" ... ek en oom Jaco is albei Ferrari-fans ... nog oomblikke wat ons aan jou/julle "herinner")
Tannie Irma

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home