Konfyt is soos lag, lekker
'n Afrikaanse beurt, want dis soos jem, ook lekker! Vandag het dit beter met die werk gegaan, ek hou net aan om die suurstof pypie met my ferrari plat te ry elke keer as ek opstaan om koffie te maak. O, julle wonder seker oor beide die pypie en die ferrari. Die pypie is die lang slurp van die kamer na my neus en lewer teen 3l per minuut suurstof na my brein, jammer, my longe. Die "stofsuier" groot grys masjien, pomp dit vir my, oulik is dit nie. My ferrari is die rooi kantoor stoel wat Marlene destyds vir my verjaardag aan my gegee het om my te motifeer om meer by my tafel te sit en werk sodat sy meer fondse tot haar beskikking sou he. Ek dink ek gaan die ferrari stukkend ry hier op kakibosvlakte, want dis omtrent al ding wat ek gery kry. En natuurlik die suurstof pypie omdat hy aanhoudend onder die wiele in neuk. Gelukkig vir hom is hierdie ferrari vir groot mense bedoel, want ek sien al sy wiele is dubbel wiele, nie net die agterstes nie. Watter nou eintlik voor en watter agter is weet geen mens, ewenwel die pypie kry darem elke keer 'n tweede kans want hy glip in die gleufie tussen die twee wiele in dan moet ek omtrent die ferrari op sy dak keer om die slurp "pypie" uit te kry onder die wiele uit. As ek vergeet en ek vlie op, soos nou die dag toe iemand skielik hier aan my deur kom klop, dan skeur die pypie amper my ore van my kop af. Dit werk so: die slurpie "pypie" kom uit my neus en gaan weerskante van my gesig om oor my ore te haak, dan agter ore en af tot onder my ken waar dit weer saam gebind is in een dikker pyp. Van daar af wiele toe, vloerlangs tot by die "stofsuier" groot grys masjien. Dit gebeur ook soms dat ek gebuk staan en dan skielik orent kom en intussen op die pypie gaan staan en trap, met natuurlik soortgelyke gevolge. In die koue is seer ore nie so lekker nie...
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home