Saturday, September 12, 2009

Wat dan van vra?


Vrede oor vra
Ek het vrede oor vra, ja, vrede oor vra
Weg is wanhoop, weg is skuld, weg is skaam
Al wat oor is, dié leemte wat vra kan volmaak
Vra is nou meer as bloot net ‘n versoek
Dis die begin van volword, heelword, gesondword, eenword…

Miskien mag kwaad en wantrou weer probeer,
maar dan mag ek ook aanhou vra!
Met smeek, en soebat, en leegmaak van my siel
soms met vreugde, soms met pyn, soms met hartseer
En steeds sal ek aanhou vra

Altyd met vrede, diep hier binne my ‘n rustigheid, want
Ek het vrede, ja, vrede oor vra

2 Comments:

At September 14, 2009 at 7:51 AM , Blogger Jan said...

Op 'n ligter trand:
Het die ou mense nie altyd gesê "vra is vry...en vry is tog lekker" nie?

 
At September 17, 2009 at 8:51 PM , Anonymous Anonymous said...

Sielskrag:

moed, moedig, hoop
Rots, geanker, staande

moed, moedig, oortuig
hoopvol, verwag, gerig

moed, moedig, rustig
vrede, seker, bly

moed, moedig, opgewonde
lag, lig, lof

In Hom, Deur Hom, Tot Hom

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home