Tuesday, August 25, 2009

Janbos et al


Geluk Janbos van Bosbokfaam met daardie mooi enetjie. Soos ons twee en yster saam weet jy het probeer! En wat anders as om te uit dat “dienaanhouer” sal wen. Ook darem nie teveel biltong gemors nie. Soet smaak die nasmaak van daardie klipperige kolletjie teen die koppie. As iemand iewers in die verskiet opgrawings daar sou doen mag hulle dalk op ‘n paar goed afkom. Moontlik ‘n knipmes of twee wat daar in die lang gras verloor het, dalk doppies van verskeie soos .303, .308, .243, .222, .22, .270, 3006 miskien ook die ou grote “MH”, oorblyfsels van baie lemoen en nartjie skille. Baie het al teen daai hange gesneuwel en defnitief meer het al daar oorleef!

Ek het baie oggende daar gesit en voor in my jas in gehoes en roggel as die hoesbuie my vat. Hoe hoes mens stil? Met moeite, maar jy leer dit later. Daar was altyd soggens net voor agt ‘n vliegtuig wat ‘n wit streep van oos na wes gemaak het, hoog het hy gevlieg, ek kon hom nooit hoor nie, net die wit streep altyd gesien. En die blou ape wat soms in die klowe raas as hul jou gewaar het. En die gegorrel van die loeries. Dan bak die sonnetjie lekker teen die bosse en speel deur die pluime van die dobbo gras hoër op teen die kop, oos van jou. Jy ruik die veld, die gras, die grond, sien die vaal kol wat skielik vorm kry, hy weet van jou en jy weet van hom en jou tyd is min voor hy verdwyn net so geheimsinnig en stil soos hy verskyn het…die bosbok ram.

2 Comments:

At August 26, 2009 at 10:17 AM , Blogger Jan said...

Dankie vir die geleentheid ou maat. Wens so ou 1/4 asempie kon ook daar wees....gelukkig was ou yster ook daar om die dra werk aan te help. "What an experience"

 
At August 28, 2009 at 1:02 PM , Blogger baasman said...

Janbos, vir jou ken ek nie,maar oumaat...daar's min plesiertjies in die ou lewe wat sal kersvashou by dit wat jy daar beleef het.

Baie geluk man!!!!!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home