Banggat
Ou bang gat ou bang gat!... Ek hoor dit asof dit gebeur het. Dit het ook seker, iewers toe ek klein was, soos met ons almal. Al verskil was, ek was nie bang nie!- ontkenning. Ek was ook bang, soos nou die dag. Ek hoes slym toe kom ek orent met ‘n snaakse gevoel. Die bang nie in my kop nie, maar in my lyf. Hoeveelkeer is ons nie al hierdeur nie en tog steeds die bang in my lyf. Praat net daaroor dan begin my bo-bene op-en-af spring. Dis hoe dit is as die bang in jou lyf is…Jy moet jou kop gebruik om die bang uit jou lyf uit, in die gang af, weg te boender. Jou kop en jou gesprekke met God. Lang worstel gesprekke. Lang woordlose gesprekke. Lang uitgerekte singende gesprekke, als stil in jou gedagtes. Soms ure aaneen.
Daag my uit asseblief, daag my uit vir die lewe! Lank terug was ek ‘n stoute klein bliksem. Vergewe my juffrou van Wyk. Sy was ‘n mooie juffrou. Ek was tien of elf toe die ander my daag om haar met ‘n stuk kers wat in my potlood sakkie was te gooi. Hoekom sal ek nie weet nie, maar ek het haar op my plaasseun manier gegooi…tussen die blaaie. Ek was amper geskors. Ek dink my ma moes gaan mooi praat by die skoolhoof. Ek het 6 gekry. Meer as die helfte van my ouderdom in jare en ek het al ses verdien. Bang was ek nie. Eers toe die Hoof my na die tyd troos het ek begin huil. Ek het op daardie punt bang geraak vir dit wat ek aangevang het. Maar met die uitdaag, nooit!?
3 Comments:
Ou bang gat...nie bang nie stories laat my terug dink aan "Bosvarke in die bamboes bos" van 28 Jan '09. Daai was ook nie bang nie, of hoe?
NATUURLIK NIE!!!!......of hoe?
Huhh!! Dit is wat julle se, maar ons alma weet dat almal vir iets banggat is.
Yvette
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home